Letaba Tak

Letaba tak van BJV is op 3 Februarie 1994 gestig met 31 lede. Die tak toon β€˜n bestendige groei sodat daar tans meer as 700 lede in die tak is, wat dit die grootste nie-winsgewende organisasie in die omgewing maak.

Elke jaar word daar verskeie interessante aktiwiteite aangebied (sien die jaarprogram), met opleiding in jag en die natuur een van die vernaamste doelwitte – baie klem word veral gelΓͺ daarop om by kinders en jongmense β€˜n liefde vir die natuur aan te kweek.

Letaba tak beskik oor β€˜n natuurbewaringsgebied net buite die dorp, waarvan die ontwikkeling tans aan die gang is. Die helfte van die gebied is reeds met wildwerende heining toegespan met behulp van borge en daar word steeds gewerk om nog fondse te in vir die res van die heining en ander fasiliteite.

Dit is voorwaar β€˜n pluimpie vir die lede van die Letaba BJV dat daar met soveel ywer en entoesiasme aan die uitbouiing van die jagsport en natuurbewaring gewerk word en die positiewe groei in ledetal bewys dat daar van wenresepte gebruik gemaak word!!

BJV Letaba Tak

    0871538862
    letaba@bosveldjagters.co.za
    Liesel Roos
    PostNet Suite #482
         Privaatsak X4019
         Tzaneen
         0850
    Mercury Street
         Tzaneen
Bosveld Jagters Letaba Skietbaan, Tzaneen



Dagbreek skietbaan op Ofcolaco



Mabete Shooting

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.