| | GRONDWET VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING | |
| Datum Hersien | Januarie 2026 | |
| INHOUDSOPGAWE | ||
| Artikel | Beskrywing | Bladsy |
| 1 | Aanhef | 3 |
| 2 | Visie | 3 |
| 3 | Missie | 3 |
| 4 | Doelstellings | 3 – 4 |
| 5 | Woordomskrywings | 4 – 8 |
| 6 | Naam en Wese van Vereniging | 8 |
| 7 | Regspersoonlikheid | 8 |
| 8 | Sake van Gemeenskaplike Belang | 9 – 10 |
| 9 | Sake van Tak Belang | 10 – 11 |
| 10 | HiĂ«rargie en Struktuur | 12 – 13 |
| 11 | Grondwet | 13 |
| 12 | Beleidskrifte en Prosedures | 13 – 14 |
| 13 | Kompetisiereëls | 14 |
| 14 | Lidmaatskap | 14 – 19 |
| 15 | Takke | 20 – 24 |
| 16 | Uitvoerende Ampsdraers | 24 – 26 |
| 17 | Uitvoerende Werknemers | 26 |
| 18 | Uitvoerende Bestuur | 26 – 29 |
| 19 | Advieskomitee | 29 – 30 |
| 20 | Uitvoerende Ledevergaderings | 30 – 32 |
| 21 | Algemene Bepalings t.o.v. Alle Vergaderings | 32 |
| 22 | FinansiĂ«le Bepalings | 32 – 33 |
| 23 | Beskerming van Regte | 33 |
| 24 | DissiplinĂȘre Optrede | 33 |
| 25 | Jurisdiksie | 34 |
| 26 | Algemeen | 34 |
| Aanhangsel A | DissiplinĂȘre Beleid en Prosedure | 35 – 41 |
| Aanhangsel B | Lidmaatskap Beleid en Prosedure | |
| Aanhangsel C | Pligstate van Ampsdraers en Werknemers â Uitvoerend en Tak | |
| Aanhangsel D | Vergaderings en Vergaderingsprosedures | |
| | GRONDWET VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING | |
| Datum Hersien | Januarie 2026 | |
| Aanhangsel E | Opleiding | |
| Aanhangsel F | Klere- en Kleure Kode | |
| Aanhangsel G | Kompetisiereëls |
1. AANHEF
- In nederigheid erken ons God Drie-enig as Skepper en Heerser oor die Heelal en stel ons onsself as Lede van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging ondergeskik aan Sy Oppergesag.
2. VISIE
- Om as jagters en vuurwapeneienaars aktief ân positiewe bydra te maak om die omgewing te bewaar vir die nageslag terwyl ons dit volhoubaar benut.
3. MISSIE
- Deur vuurwapens se rol in omgewingsbewaring, volhoubare benutting, voedselsekuriteit, ontspanning en die sosio-ekonomie te bevestig en te bevorder.
4. DOELSTELLINGS
- Die doel van Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging is om:
- ân Geakkrediteerde platform te skep vir vuurwapeneienaars om hulle wapens wettig te bekom, te besit, te gebruik en te behou deur die volgende dissiplines binne Bosveld Jagters korrek te administreer, te bestuur, te beoefen en te beheer en gereelde aktiwiteite en kompetisies aan te bied in:
- Jag, wat bestaan uit verskillende afdelings. Die afdelings word vervat in Aanhangsels E en G.
- Sportskiet, wat bestaan uit verskillende afdelings. Die afdelings word vervat in Aanhangsels E en G.
- Omgewingsbewaring: Die onderskeie aktiwiteite word vervat in Aanhangsels E en G.
- Lede instaat te stel om toegewyde sportskut status en toegewyde jagter status te verwerf en te onderhou met gedokumenteerde deelname aan gereelde aktiwiteite.
- Die beginsels van amateur jag en amateur teikenskiet as sport te onderskryf en te bevorder.
- Om jag en sportskiet as ân bona fide sportsoort te beoefen en om jag- en skietvaardighede van Lede te verbeter.
- Ons kultuurerfenis van wettige jag en vuurwapeneienaarskap te bewaar en die kultuur van jag en vuurwapens aktief uit te leef, te bevorder en uit te brei, veral onder die jeug.
- Jag as ân onontbeerlike afdeling van volhoubare benutting te beoefen en te bevorder.
- Verantwoordelike vuurwapeneienaarskap te ontwikkel en te bevorder deur gereelde opleiding in die veilige hantering van vuurwapens.
- ân Positiewe beeld van die jagter en sportskut te vestig en uit te bou.
- ân Geakkrediteerde platform te skep vir vuurwapeneienaars om hulle wapens wettig te bekom, te besit, te gebruik en te behou deur die volgende dissiplines binne Bosveld Jagters korrek te administreer, te bestuur, te beoefen en te beheer en gereelde aktiwiteite en kompetisies aan te bied in:
- Natuurlike hulpbronne en spesies (plant en dier) verantwoordelik en volhoubaar te benut tot voordeel van die omgewing in geheel.
- Ekosisteme te help instand hou en biodiversiteit te bevorder.
- ân Bydra te maak tot voedeselsekuriteit, gemeenskapsontwikkeling en werkskepping deur volhoubare benutting.
- Besoedeling te voorkom of ten minste tot die minimum te beperk in die areas waar ons aktief is.
- Kennis t.o.v. omgewingsbewaring by Lede en gemeenskappe uit te brei.
- Aktief by te dra tot die bewaring van bedreigde spesies (plant en dier) deur die verantwoordelike kommersialisering daarvan te ondersteun.
- Die Nasionale regering en Provinsiale regerings behulpsaam te wees met probleemdier beheer.
- Enige negatiewe impakte van ons aktiwiteite op die omgewing uit te skakel of ten minste te minimaliseer in die areas waar ons aktief is.
- Aparte gespesialiseerde strukture en entiteite (maatskappye of trusts) binne Bosveld Jagters te skep of met ander organisasies en instansies saam te werk wat soortgelyke doelwitte nastreef en wat oor bestaande gespesialiseerde strukture en entiteite beskik.
5. WOORDOMSKRYWINGS
- Tensy dit uit die samehang anders blyk, sal die woorde hieronder die volgende betekenisse hĂȘ in die Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures sowel as die KompetisiereĂ«lboek van Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging en die manlik sal ook die vroulik insluit en die enkelvoud die meervoud:
- âAangeklaagdeâ beteken enige persoon, Bestuur of Tak wat kragtens die bepalings van Aanhangsel A skriftelik aangekla word.
- âAd Hoc Toekenningâ beteken ân toekenning wat Bosveld Jagters aan nie-lede kan toeken kragtens Art. 14.6.9.
- âAffiliaat of Affiliaat Lidâ beteken ân opbetaalde Lid wat as Professionele Jagter of as Professionele Veldgids of as Natuurbewaarder gekwalifiseerd is en sodanig praktiseer. Sulke Lede het beperkte voordele en geen stemreg.
- âAflewerâ beteken deur dit persoonlik op iemand te bestel of te stuur per koerierdiens of elektronies gestuur per e-pos of goedgekeurde mediaplatform. In die geval van ân koerierdiens sal dit aanvaar word dat ân Lid of persoon dit vyf (5) dae nĂĄ versending ontvang het. Die e-pos adres of ander mediaplatform kontakbesonderhede sal wees soos per inligting ontvang van die Lid of persoon se profiel op die webwerf.
- âAktiwiteitâ beteken enige gebeurtenis waaraan ân Lid deelneem wat gereĂ«l of moontlik gemaak word deur Bosveld Jagters.
- âAmpsdraerâ beteken ân persoon verkies tot ân amp kragtens Art. 15.3.3 en Art.
16.2.2 of ân persoon gekoöpteer in die amp kragtens Art. 15.3.4 en Art. 16.2.3 of ân persoon aangewys deur die Bosberaad kragtens Art. 16.2.5.
- âAnders VermoĂ«nde Skutâ beteken ân persoon met ân gestremdheid en/of spesiale behoeftes as gevolg van liggaamlike gebreke of siekte en wat van ân hulpmiddel of ân spesiööale hulpmiddel gebruik moet maak om ân vuurwapen veilig te kan afvuur.
- âArtikelâ beteken die genommerde bepaling in die Grondwet van Bosveld Jagters.
- âBaanoffisierâ beteken die gekwalifiseerde persoon aan die hoof van die sportskietkompetisie of skiet aktiwiteit.
- âBaanbeampteâ beteken die gekwalifiseerde persoon wat die Baanoffisier bystaan tydens ân sportskietkompetisie of skiet aktiwiteit.
- âBeleidskrifte en Proseduresâ beteken die Aanhangsels wat die uitgebreide riglyne en prosesse bevat ter ondersteuning van die bepalings in die Grondwet met tydlyne waar van toepassing.
- âBeoordelaarâ beteken die persoon wat die puntetoekenning hanteer van ân kompeterende aktiwiteit.
- âBondgenootskapâ beteken ân vrywillige alliansie van Takke om ân Uitvoerende liggaam te vorm om sake van gemeenskaplike belang te hanteer.
- âBoogâ beteken enige wapen wat met behulp van ân snaar ân projektiel aandryf.
- âBosberaadâ beteken die jaarlikse beplanningsvergadering van Bosveld Jagters wat vir die Lede gehou word soos bepaal in Art. 18.4.7.
- âDeelnamekategorieĂ«â beteken die kategorieĂ« waarin Lede aan kompetisies in Bosveld Jagters kan deelneem gebaseer op ouderdom en fisieke toestand.
- âDie Wet op Vuurwapensâ beteken die Wet op Regulering van Vuurwapens (Wet 60/2000) en alle regulasies daaronder uitgereik en soos van tyd tot tyd gewysig.
- âDissiplinĂȘre komiteeâ beteken die dissiplinĂȘre komitee, Tak- of Uitvoerende vlak, van Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging soos saamgestel kragtens Aanhangsel A.
- âE-Lidâ beteken enige opbetaalde Lid van Bosveld Jagters wat ân verminderde Lidmaatskapfooi betaal en beperkte voordele in Bosveld Jagters geniet met geen stemreg.
- âEmbleemâ beteken die erkende, goedgekeurde Bosveld Jagters kenteken.
- âGadeâ beteken ân persoon wat op datum van aansluiting of hernuwing van ân Lid se Lidmaatskap ân gade is in terme van enige wettige huwelik of gebruiklike verbinding wat erken word in terme van Suid-Afrikaanse wetgewing.
- âGrondwetâ beteken hierdie Grondwet van Bosveld Jagters.
- âHoofbeoordelaarâ beteken die persoon aan die hoof van die kompeterende aktiwiteit.
- âHonorus Signumâ beteken ân toekenning wat Bosveld Jagters aan sy Lede kan toeken kragtens Art. 14.6.7.
- âImpala Toekenningâ beteken ân toekenning wat deur Bosveld Jagters aan sy Lede toegeken kan word kragtens Art. 14.6.6
- âJagâ beteken om wild op ân etiese wyse op te spoor, te agtervolg en dood te skiet.
- âJurieâ beteken die arbiter van enige dispuut by ân kompeterende aktiwiteit.
- âKennisgewingâ beteken ân skriftelike dokument wat by ân Lid of persoon afgelewer word.
- âKlaerâ beteken ân Lid of Bestuur wat ân klagte ingedien of ân dispuut verklaar het teen ân ander Lid, Bestuur of Tak van Bosveld Jagters.
- âKlousuleâ beteken ân bepaling in ân Aanhangsel tot die Grondwet van Bosveld Jagters.
- âKompetisieâ beteken deelname deur ân Lid aan enige afdeling van enige dissipline waar ân wenner bepaal sal word en/of merietekleure verwerf word of vir kwalifisering vir ander instellings se kompetisies.
- âKoördineerderâ beteken ân persoon gekoöpteer kragtens Art. 15.3.4 en Art. 16.2.3
- âKworumâ beteken die aantal stemgeregtigdes wat teenwoordig moet wees volgens die Grondwet van Bosveld Jagters om die vergadering geldig te kan verklaar.
- âLidâ beteken enige opbetaalde Lid van Bosveld Jagters.
- âLidmaatskapklassifikasieâ beteken die indeling van Lede in groeperings wat gebruik word om die Lidmaatskapfooie en addisionele Takfooie te bepaal kragtens Art 14.2.2.
- âLuggeweerâ beteken enige wapen wat met behulp van saamgeperste lug ân projektiel aandryf.
- âMeerderheidâ beteken ân gewone meerderheid van 50% plus een (1) van die stemgeregtigdes teenwoordig.
- âMinderjarige skutâ beteken ân persoon wat aan ân skietaktiwiteit of kompetiesie deelneem en onder die ouderdom van 18 jaar is.
- âNasionaalâ beteken oor provinsiale grense maar binne die grense van die Republiek van Suid Afrika.
- âNasionale batesâ beteken bates van Bosveld Jagters wat deur die Uitvoerende Bestuur aangekoop is met fondse van die Uitvoerende Bestuur.
- âOrganiseerderâ beteken ân Lid wat die Koördineerder bystaan om spesifieke aktiwiteite of afdelings te hanteer maar is nie ân Ampsdraer nie en het nie stemreg in ân Uitvoerende Bestuursvergadering nie.
- âOpbetaalde Lidâ beteken ân Lid wat die Lidmaatskapfooi van Bosveld Jagters sowel as die Addisionele Takfooi van sy Tak, indien van toepassing, ten volle betaal het of beskik oor ân getekende afbetalingsooreenkoms om dit te betaal.
- âPresidentâ beteken die verkose president van Bosveld Jagters.
- âPresidentstoekenningâ beteken ân toekenning wat Bosveld Jagters aan sy Lede kan toeken kragtens die bepalings van Art. 14.6.8.
- âPremium Lidâ beteken ân opbetaalde Lid van Bosveld Jagters wat vir die volledige stel dienste van Bosveld Jagters kwalifiseer.
- âProbleemdierâ beteken wilde diere wat as sodanig deur wetgewing of Provinsiale ordonansie verklaar word.
- âResolusieâ beteken ân wettige besluit geneem op ân vergadering of soos per Art.
15.4.4. of Art. 15.4.5 hieronder.
- âSake van gemeenskaplike belangâ beteken die aangeleenthede van gemeenskaplike aard wat die Takke nie self kan hanteer nie en na die Uitvoerende Bestuur verwys om namens hulle te bestuur en is vervat in Art. 8 hieronder.
- âSake van Tak belangâ beteken die aangeleenthede wat deur die Takke self gehanteer word en is vervat in Art. 9 hieronder.
- âSertifikaat vir Verdienstelikheidâ beteken die Impala Toekenning.
- âTak batesâ beteken die bates van die Tak aangekoop deur die Tak Bestuur uit die Tak se eie fondse.
- âTak Bestuurâ beteken die Ampsdraers en persone soos vervat in Art. 15.3.3, Art.
15.3 4, Art. 15.3.5 en Art. 15.3.9.
- âTak Dagbestuurâ beteken die Tak Voorsitter, Tak Ondervoorsitter, die Tak Tesourier en die Tak Sekretaris.
- âTak kwalifiseringskompetisieâ beteken die kompetisies wat deur die Tak Besture aan Lede gebied word om te kwalifiseer om deel te neem aan die Nasionale Kampioenskappe.
- âTak Spanâ beteken die span wat die Tak verteenwoordig by kompetisies en bestaan uit vier (4) Lede wat volgens die kriteria kwalifiseer.
- âTakâ beteken ân groepering van Lede in ân spesifieke geografiese gebied wat saamgevoeg is in ân enkele struktuur en wat aangesluit is by die bondgenootskap wat Bosveld Jagters vorm.
- âTeenwoordigâ beteken ân geregtigde persoon fisies by die vergadering of aanlyn gekoppel met die vergadering of ân geregtigde persoon wat as ân volmaggewer deur ân goedgekeurde genotuleerde skriftelike volmag verteenwoordig word.
- âToegewyde statusâ beteken toegewyde sportskut- of toegewyde jagter status soos bepaal in die Wet op Vuurwapens en uitgereik deur Bosveld Jagters kragtens lisensie no. 1300084 en 1300116 onderskeidelik of uitgereik deur ander geakkrediteurde instansies wat deur Bosveld Jagters erken word.
- âUitvoerende Bestuurâ beteken die verkose Ampsdraers van Bosveld Jagters soos bepaal in Art. 16.2.2 plus die gekoöpteerde Ampsdraers soos bepaal in Art. 16.2.3 plus die aangewese Ampsdraers soos bepaal in Art. 16.2.5 plus die Voorsitter, Ondervoorsitter, Sekretaris en Tesourier van elke Tak.
- âUitvoerende Dagbestuurâ beteken die President, Uitvoerende Voorsitter, Uitvoerende Ondervoorsitter, Uitvoerende Sekretaris en Uitvoerende Tesourier.
- âVerteenwoordigerâ beteken ân afgevaardigde Lid van die Takbestuur wat deur die betrokke Takbestuur aangewys is om die Tak te verteenwoordig namens die Voorsitter tydens ân Uitvoerende Bestuursvergadering of Algemene Uitvoerende Jaarvergadering of ân Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering.
- âVise-Presidentâ beteken die persoon of persone (maks. 4) aangewys in die amp kragtens Art. 16.2.5.
- âVolmagâ beteken die volledig ingevulde en ondertekende voorgeskrewe volmag wat ân opbetaalde Lid magtig om namens ân ander opbetaalde Lid te stem in ân vergadering.
- âVoorsittende Beampteâ is deel van die DissiplinĂȘre Komitee wat die dissiplinĂȘre verhoor waarneem en dan ân bevinding en aanbeveling maak na die betrokke Bestuur.
- âVrygestelde Lidâ beteken ân Lid wat vrygestel is van die Lidmaatskapfooi deur die Uitvoerende Bestuur.
- âVuurwapenâ beteken enige wapen wat met behulp van die ontbranding van kruit ân projektiel aandryf.
- âWapenâ beteken enige wapen wat ân boog, luggeweer en vuurwapen insluit.
6. NAAM EN WESE VAN BOSVELD JAGTERS
- Hierdie organisasie is ân nasionale organisasie en sal bekend staan as Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging en hierna genoem Bosveld Jagters.
- Bosveld Jagters bestaan uit outonome Takke wat verenig is in ân bondgenootskap met ân gemeenskaplike doel onder ân uitvoerende bestuur wat sake van gemeenskaplike belang behartig soos meer volledig uiteengesit word in Art. 8.
- Die uitvoerende kantoor van Bosveld Jagters word van tyd-tot-tyd vasgestel deur die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- Bosveld Jagters is ân nie-winsgewende, nie-politieke organisasie met geen politieke affiliasie nie.
- Bosveld Jagters is ân vrywillige, demokratiese, amateur organisasie vir Lede wat aan die aktiwiteite van Bosveld Jagters deelneem ooreenkomstig die Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures van Bosveld Jagters asook die KompetisiereĂ«ls.
7 REGSPERSOONLIKHEID VAN BOSVELD JAGTERS
- Die bestuur van Bosveld Jagters word behartig deur die Uitvoerende Bestuur en outonome Tak Besture soos duidelik hieronder uiteengesit.
- Beide die besture word beklee met regspersoonlikheid.
- Beide die besture moet optree binne die bepalings van die Wetgewing van Suid Afrika en Bosveld Jagters se Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures asook die Kompetisiereëls.
- Geen Ampsdraers in Bosveld Jagters sal egter persoonlike aanspreeklikheid opdoen vir die uitvoering van hul pligte binne Bosveld Jagters nie.
- Elke Tak sal afsonderlik aanspreeklik wees vir regsverpligtinge of ooreenkomste in eie naam van die Tak aangegaan en verantwoordelik wees vir hulle eie kostes en uitgawes.
- Bosveld Jagters se Uitvoerende Bestuur sal geen aanspreeklikheid opdoen in die geval waar ân eis ontstaan weens die oortreding van Wetgewing Suid Afrika of Bosveld Jagters se Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures deur ân Tak nie.
8 SAKE VAN GEMEENSKAPLIKE BELANG
- Bosveld Jagters sal ân Uitvoerende Bestuur saamstel wat Bosveld Jagters sal bestuur deur die toepassing van hierdie Grondwet, Beleidskrifte en Prosesse asook KompetisiereĂ«ls deur die neem van besluite oor Sake van Gemeenskaplike Belang en die uitvaardiging van beleid, prosedures en reĂ«ls.
- Waar nodig sal tug toegepas word in belang van Bosveld Jagters en al sy Lede.
- Die Uitvoerende Bestuur sal die volgende sake van gemeenskaplike belang behartig:
- Jaarliks ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering vir Lede hou in November.
- Jaarliks Lidmaatskapfooie vasstel tydens die bosberaad.
- Die nasionale inkomste, eiendom en bates van Bosveld Jagters wat uit enige bron mag voortkom te gebruik en te bestuur om die gemeenskaplike belange en doelstellings van Bosveld Jagters in belang van al die Lede te bevorder, te bereik en te handhaaf.
- Op Uitvoerende vlak fiskale en finansiële dissipline toepas deur jaarliks:
- ân Begroting saam te stel vir goedkeuring by die Bosberaad;
- Rekenskap te gee van alle finansiĂ«le transaksies en volledige finansiĂ«le state, hersien deur ân ouditeur, voorlĂȘ aan die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- ân Volledige inventaris van nasionale bates by te hou en dit moet ter enige tyd, op aanvraag, beskikbaar wees ter insae vir die Uitvoerende Bestuur of enige Lid.
- Ook gekonsolideerde finansiĂ«le state voor te lĂȘ aan die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- ân Nasionale webtuiste skep, as amptelike kommunikasie- en inligtingsnetwerk en toesien dat die webtuiste van Bosveld Jagters gereeld bygewerk word en funksioneel, gebruikersvriendelik en toeganklik is vir alle Lede.
- Met owerheidsinstansies skakel en deelneem aan nasionale- en internasionale forums en besluitnemingsprosesse deur middel van CHASA en SUCo of ander soortgelyke organisasies om die belange van die Lede en Bosveld Jagters in die algemeen te bevorder.
- Verseker dat voldoen word aan die nakomingsvereistes van die Wet op Vuurwapens om toegewyde statusse aan Lede te kan uitreik en instand te hou.
- Verseker dat wysigings aan die Wet op Vuurwapens aan Lede deurgegee word.
- Toesien dat toepaslike omvattende aanspreeklikheidsdekking (versekering) uitgeneem en instand gehou word.
- Toesien dat jag- en sportskietkompetisiereëls opgestel en korrek toegepas en gehandhaaf word tydens die SA Kampioenskap.
- Jaarliks die Intertak- en Nasionale Kampioenskappe in albei die dissiplines, met hul onderskeie afdelings, reël en aanbied in samewerking met die Tak wat die fasilliteite verskaf.
- Meriete kleure aan kwalifiserende Lede toeken.
- Verenigingspanne kan gekies word nå afloop van die Nasionale Kampioenskappe en kompetisies kan vir verkose Verenigingspanne gereël en aangebied word.
- Omsien na die bewoording van vrywaringsvorms en dit aan die Takke voorsien.
- ân Volledige rekordlys byhou van alle nasionale jag- en sportskietkompetisies.
- Verseker dat alle aktiwiteite, hetsy jag of sportskiet, voldoen aan die Wet op Vuurwapens asook die Provinsiale Ordonansies.
- Heraldiese evaluering en beginsels toepas wat betref kentekens en kleure van Bosveld Jagters met sy onderskeie Takke.
- Bosveld Jagters nasionaal uitbrei en nuwe Takke stig.
- Toepaslike opleidingsprogramme identifiseer en/of ontwikkel en gereeld opdateer.
- Indien nodig, personeel aan te stel op Uitvoerende vlak om funksionele diens aan Lede te verseker.
9 SAKE VAN TAK BELANG
- Die Takke sal as selfstandige regspersone van Bosveld Jagters deur Tak Besture bestuur word deur die toepassing van die Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures asook KompetisiereĂ«ls en deur die neem van besluite oor Sake van Tak Belang en die toepassing van tug, in belang van al sy Lede op ân apolitiese wyse.
- Die Tak Bestuur sal die volgende sake van Tak Belang behartig:
- Jaarliks ân Algemene Tak Jaarvergadering en ten minste twee Algemene Ledevergaderings vir Lede hou.
- Jaarliks addisionele Takfooie en -heffings vasstel om begrotings te laat klop.
- Die Tak inkomste, eiendom en bates van die Tak wat uit enige bron mag voortkom te gebruik en te bestuur om sodoende die Tak belange en doelstellings in belang van al die Lede van die Tak te bevorder, te handhaaf en te bereik.
- Fiskale en finansiële dissipline toepas deur jaarliks:
- ân Begroting saam te stel vir goedkeuring by die Algemene Tak Jaarvergadering;
- Rekenskap te gee van alle finansiĂ«le transaksies van die Tak en volledige finansiĂ«le state, afgeteken deur ân rekeningkundige beampte, voorlĂȘ aan die Algemene Tak Jaarvergadering.
- Die Tak Bestuur sal die volgende sake van Tak Belang behartig:
- ân Volledige inventaris van Tak bates by te hou en dit moet ter enige tyd, op aanvraag, beskikbaar wees ter insae vir die Uitvoerende Bestuur of enige Lid.
- Op streeks- en provinsiale vlak met owerheidsinstansies skakel en deelneem aan besprekings- en besluitnemingsprosesse om die belange van Lede en Bosveld Jagters te bevorder.
- Verseker dat voldoen word aan die nakomingsvereistes van die Wet op Vuurwapens om toegewyde statusse aan Lede te kan uitreik en instandhou.
- Toesien dat endossemente uitgereik word aan Lede.
- Verseker dat wysigings aan die Wet op Vuurwapens aan Lede deurgegee word.
- Toesien dat voldoen word aan die polisvereistes van die omvattende aanspreklikheidsdekking (versekering).
- Verseker dat geleenthede en geskikte fasiliteite beskikbaar is vir deelname aan Bosveld Jagters se aktiwiteite.
- Gereelde Takkompetisies in albei die dissiplines, met hul onderskeie afdelings, reël en aanbied. Sodanige kompetisies sal dien as kwalifiseringsgeleenthede vir Lede om aan InterTak-, Provinsiale- en Nasionale Kampioenskappe te kan deelneem.
- In albei dissiplines met hul verskillende afdelings ân Takspan kies om aan die Intertak-, Provinsiale- en Nasionale Kampioenskappe deel te neem.
- Tak kleure kan aan kwalifiserende Lede toeken word onderhewig aan die diskresie van die Tak Bestuur.
- Intertakkompetisies kan vir Takspanne gereël en aangebied word.
- Toesien dat jag- en teikenskietkompetisiereëls korrek toegepas en gehandhaaf word en waar nodig diskresie en oordeel te gebruik.
- ân Volledige rekordlys byhou van alle aktiwiteite van die Tak.
- Verseker dat alle Takaktiwiteite voldoen aan die relevante Wetgewing asook die Provinsiale Ordonansies.
- Bosveld Jagters se webtuiste en ander goedgekeurde mediaplatforms gebruik as amptelike kommunikasie- en inligtingsnetwerk.
- Heraldiese evaluering en beginsels toepas wat betref kentekens en kleure van die onderskeie Takke.
- Opleidingsprogramme, soos geĂŻdentifiseer en/of ontwikkel deur die Uitvoerende Bestuur, vir Lede aanbied.
- Die behoefte bepaal vir addisionele opleidingsprogramme en die geleenthede bied aan Lede.
10 HIĂRARGIE EN STRUKTUUR

- Bosveld Jagters bestaan uit Takke wat binne die grense van die Republiek van Suid Afrika gesetel is.
- Die Takke dien as primĂȘre diensleweringstrukture vir Bosveld Jagters.
- Bosveld Jagters bestaan tans uit die bondgenootskap van die volgende Takke:
- Hoedspruit
- Kremetart
- Laeveld
- Letaba
- Magalies
- Pietersburg
- Potgietersrus
- Soutpansberg
- Waterberg.
- Nuwe Takke kan gestig word met die goedkeuring van die Uitvoerende Bestuur.
- Die Lede van elke Tak verkies uit sy geledere ân Tak Bestuur kragtens die bepalings van Art.15.3.
- Die besluitnemende en uitvoerende gesag t.o.v. Sake van Tak Belang setel in die Tak Bestuur.
- Uitvoerende Ampsdraers word verkies, gekoöpteer en aangewys kragtens die bepalings van Art. 16.2.
- Die uitvoerende gesag van Bosveld Jagters setel in die Uitvoerende Ampsdraers wat verantwoordelik is vir die uitvoering van besluite wat deur die Uitvoerende Bestuur geneem is ten opsigte van Sake van Gemeenskaplike Belang.
- Die Tak verteenwoordigers en die Uitvoerende Ampsdraers vorm gesamentlik die Uitvoerende Bestuur wat naas die Algemene Uitvoerende Vergadering die hoogste besluitnemende gesag is rakende Sake van Gemeenskaplike Belang en wat Bosveld Jagters op uitvoerende vlak ooreenkomstig die Grondwet, Beleidskrywes en Prosesse bestuur.
- Geen Lid wat verkies word of aangewys word as Uitvoerende Ampsdraer kan ook as Ampsdraer in ân Tak Bestuur dien nie.
- Geen Uitvoerende Ampsdraer wat verkies of aangewys is se gade kan as Ampsdraer op ân Tak Bestuur dien nie.
- Uitvoerende Bestuurslede gee terugvoer van besluite op Uitvoerende Bestuursvergaderings aan Tak Bestuurslede, wat op hul beurt weer terugvoer gee aan Lede.
11 GRONDWET
- Die Grondwet van Bosveld Jagters vervat die bepalings van âwat gedoen moet wordâ.
- Die bepalings en voorskrifte hierin vervat, sal as die âGrondwet van Bosveld Jagtersâ bekend staan, welke bepalings en inhoud slegs deur ân twee derde meerderheid van Lede teenwoordig op ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering of Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering gewysig kan word.
- Die Grondwet van Bosveld Jagters geld eenvormig in alle Takke.
- Takke mag oor hul eie grondwet beskik maar geen bepaling in sodanige grondwet mag teenstrydig wees met die bepalings van die Grondwet van Bosveld Jagters nie.
- Indien ân Tak nie oor sy eie grondwet beskik nie sal hierdie Grondwet ook dien as die Grondwet van die betrokke Tak.
- Indien daar wel teenstrydige bepalings is sal die Grondwet van Bosveld Jagters as die korrekte beskou word.
- Die Grondwet moet te alle tye vir alle Lede van Bosveld Jagters of enige Lid van die publiek toeganklik wees.
12 BELEIDSKRIFTE EN PROSEDURES
- Die Beleidskrifte en Prosedures vervat die bepalings van âhoe dit gedoen moet wordâ.
- Beleidskrifte en Prosedures bevat die uitgebreide prosesse en ordereëlings om die vaste reëls in die Grondwet te ondersteun en word as Aanhangsels tot die Grondwet ingesluit.
- Beleidskrifte en Prosedures mag gewysig word deur die Uitvoerende Bestuur op ân Uitvoerende Bestuursvergadering met vooraf kennisgewing van ten minste een en twintig
(21) dae.
- Die kennisgewing moet gepaard gaan met ân motivering vir die verandering asook die voorgestelde bewoording.
- Beleidskrifte en Prosedures sal saamgestel word deur die Uitvoerende Bestuur wat sal insluit maar nie beperk is tot:
- Aanhangsel A – DissiplinĂȘre Prosedure;
- Aanhangsel B â Lidmaatskap.
- Aanhangsel C â Pligstate van Ampsdraers, Koördineerders en Werknemers â Uitvoerend en Tak;
- Aanhangsel D â Vergaderings en Vergaderingsprosedures;
- Aanhangsel E – Opleiding;
- Aanhangsel F â Klere en Kleure Kode;
- Aanhangsel G â KompetisiereĂ«ls;
13 KOMPETISIEREĂLS
- Die Uitvoerende Bestuur sal administratiewe- en deelnamereĂ«ls, wat as âKompetisiereĂ«lsâ bekend sal staan, saamstel en uitvaardig wat die onderskeie dissiplines en afdelings in Bosveld Jagters onderling reĂ«l, welke reĂ«ls te alle tye ondergeskik sal wees aan die bepalings van die Grondwet van Bosveld Jagters.
- Die Kompetisiereëls geld eenvormig in alle Takke.
- Die Tak Besture kan diskresie en oordeel toepas na aanleiding van omstandighede maar in kwalifiseringskompetisies mag geen wysiging aan enige afstand, puntetoekenning of – berekening aangebring word nie en teikenareas mag nie groter gemaak word as wat die KompetisiereĂ«ls voorskryf nie.
- Die nie-nakoming van ân administratiewe reĂ«l deur ân organiseerder van ân kompetisie mag nie ân deelnemer aan die kompetisie benadeel nie.
- KompetisiereĂ«ls word vervat in Aanhangsel G en mag gewysig word deur die Uitvoerende Bestuur op ân Uitvoerende Bestuursvergadering met vooraf kennisgewing van ten minste een en twintig (21) dae.
- Die kennisgewing moet gepaard gaan met ân motivering vir die verandering asook die voorgestelde bewoording.
- Die Kompetisiereëls moet te alle tye vir alle Lede van Bosveld Jagters of enige Lid van die publiek toeganklik wees.
14 LIDMAATSKAP
- Enige Lid van die publiek kan by Bosveld Jagters aansoek doen om Lidmaatskap op die volgende voorwaardes:
- ân Voornemende Lid sluit by ân Tak van sy keuse aan.
- Enige voornemende Lid sluit aan en neem deel aan Bosveld Jagters se aktiwiteite op eie risiko.
- ân Aansoek om Lidmaatskap mag nie deur Bosveld Jagters afgewys word op grond van ras, velkleur, geslag, geloof of liggaamlike gestremdheid nie.
- Enige voornemende Lid moet die aansoekproses volg soos uiteengesit in Aanhangsel B.
- Die Lidmaatskapfooi en enige addisionele Takfooie word in die Tak se bankrekening inbetaal.
- Nadat die vereiste dokumente en bewys van betaling deur die aansoeker aan die Tak gestuur is sal sy/haar Lidmaatskap op die webtuistestelsel geaktiveer word deur die Tak.
- ân Voornemende Lid kan aansoek doen vir een van die volgende Lidmaatskapklasse nl:
- Premium Lidmaatskap;
- E-Lidmaatskap;
- Affiliaat Lidmaatskap;
- Lidmaatskapfooie vir die onderskeie Lidmaatskapklasse kan verskil en word jaarliks bepaal tydens die Bosberaad.
- Premium Lidmaatskap word volgens ouderdomskategorieë en huwelikstatus verdeel en die onderskeie klasse met voordele word in Aanhangsel B volledig vervat.
- Aansoeke word elektronies goedgekeur.
- ân Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur kan enige persoon, nĂĄ kennisname van enige feite wat agterna tot hul kennis kom, sodanige Lidmaatskap weier.
- Lidmaatskapfooie.
- Lidmaatskapfooie word jaarliks in Januarie bepaal tydens die Bosberaad en sal betaalbaar wees deur nuwe aansoekers asook bestaande Lede in die volgende finansiële jaar.
- Lidmaatskapfooie word bepaal op grond van die volgende Lidmaatskapklassifikasie:
- Premium Lid – 0 -18 jaar
- Premium Lid – 19 – 24 jaar
- Premium Lid – 25 â 64 jaar
- Premium Lid – 65 â 79 jaar
- Premium Lid â„ 80 jaar
- Premium Lid â Gade
- E-Lid
- Affiliaat Lid
- Vrygestelde Lid
- Opbetaalde Lidmaatskap verleen aan ân Lid Lidmaatskap met voordele, volgens die gekose Lidmaatskapklas van Bosveld Jagters en sy aktiwiteite, vir ân periode van twaalf (12) maande.
- Hernuwing van Lidmaatskapfooie moet gedoen word voor die verstryking van die twaalf (12) maande periode.
- Alle opbetaalde Lede van Bosveld Jagters sal fakture ontvang vanaf Tak Besture om hul Lidmaatskap te hernu.
- Indien ân Lid nie sy Lidmaatskap betyds voor die sperdatum hernu nie sal ân Lid drie (3) maande grasietyd kry om sy Lidmaatskap te hernu.
- ân Lid wat steeds in gebreke bly om sy Lidmaatskapfooi te betaal, sal sy/haar Lidmaatskap verbeur asook sy/haar toegewyde status(se) en sal sy/haar naam uit die lederegister verwyder word en kragtens die Wet op Vuurwapens aan die Sentrale Vuurwapen Register gerapporteer word.
- Sou sodanige persoon sy Lidmaatskap wou herstel, moet hy/sy weer op die voorgeskrewe wyse aansoek doen om Lidmaatskap en sy/haar volle uitstaande Lidmaatskapfooi en addisionele Takfooi betaal om toegewyde status en Lidnommer te behou.
- Sou ân persoon verkies om nie sy Lidmaatskap te herstel nie moet hy aansoek doen vir nuwe Lidmaatskap soos bepaal in Aanhangsel B.
- Alle Ampsdraers en Administratiewe Beamptes, Uitvoerend en Tak, word vrygestel van Lidmaatskapfooie en Addisionele Takfooie.
- Die Uitvoerende Bestuur sal na afloop van die Bosberaad, die nuutvasgestelde bedrae vir Lidmaatskapfooie op die webtuiste publiseer.
- Elke opbetaalde Lid van Bosveld Jagters het toegang tot sy persoonlike inligting en profiel wat op die webtuiste gestoor word.
- Elke Lid se persoonlike inligting, kursusse suksesvol voltooi, vergaderings bygewoon, aktiwiteitsdeelname en kompetisiestatistieke word onder sy profiel gestoor. Dit word nĂĄ elke aktiwiteit deur die betrokke Bestuurslid bygewerk.
- Dit is elke Lid van Bosveld Jagters se verantwoordelkheid om sy sosiale aktiwiteite op sy profiel te laai en ook toe te sien dat sy persoonlike inligting soos aangedui in Art. 14.2.13 volledig en korrek is. Enige foute of veranderinge in persoonlike inligting moet binne een en twintig (21) dae aan die Tak Bestuur skriftelik gerapporteer word vir regstelling.
- Takfooie en Heffings.
- Takke kan addisionele fooie en heffings vorder vir die algemene bestuur en dienslewering van die Tak aan sy Lede.
- Addisionele Takfooie en Heffings wat deur ân Tak ingestel word moet jaarliks op die Algemene Tak Jaarvergadering gedurende Augustus/September goedgekeur word en sal betaalbaar wees deur nuwe aansoekers en Lede wat hulle Lidmaatskap hernu in die volgende finansiĂ«le jaar.
- Addisionele Takfooie en Heffings wat goedgekeur is, is verpligtend op die relevante Tak se Lede.
- Die Tak Bestuur sal verseker dat die die nuutvasgestelde bedrae vir Addisionele Takfooie en Heffings jaarliks op die webtuiste geplaas word.
- Alle opbetaalde Lede van Bosveld Jagters, sal waar van toepassing, fakture ontvang vanaf die Tak Besture om hul Addisionele Takfooie te hernu.
- Deelname aan kompetisies.
- Die deelnamekategorieë aan kompetisies word bepaal volgens ouderdom en fisiese toestand en word vervat in Aanhangsel B.
- Toegewyde Status.
- Bosveld Jagters is geakrediteer om toegewyde jag status en toegewyde sportskiet status aan Lede wat daarvoor kwalifiseer uit te reik.
- Vir ân Lid om te kwalifiseer en om sy toegewyde jag status te bekom en/of te behou moet hy:
- ân opbetaalde Lid van Bosveld Jagters wees:
- die voorgeskrewe kursus suksesvol voltooi het en
- jaarliks aan ten minste drie (3) amptelike jagaktiwiteite van Bosveld Jagters deelneem, wat insluit maar nie beperk is nie tot die bywoon van vergaderings of deelname aan inskietaktiwiteite of georganiseerde jagkompetisies, diens as organiseerder of beoordelaar of baanoffisier.
- Vir ân Lid om te kwalifiseer en om sy toegewyde sportskiet status te bekom en/of te behou moet hy:
- ân opbetaalde Lid wees:
- die voorgeskrewe kursus suksesvol voltooi het en
- jaarliks aan ten minste twee (2) amptelike sportskietaktiwiteite van Bosveld Jagters deelneem, wat insluit maar nie beperk is nie tot die bywoon van vergaderings of deelname aan sportskietaktiwiteite of georganiseerde sportskietkompetisies, diens as organiseerder of beoordelaar of baanoffisier of baanbeampte.
- Toekennings aan Lede:
- Toekennings aan Lede word gemaak op die beginsel van âkwalifikasie vir nominasieâ.
- Die kriteria hieronder uiteengesit bepaal slegs wanneer ân Lid in aanmerking kan kom vir nominasie vir ân toekenning.
- Die volledige curriculum vitae van die Lid met ân volledige motivering vir die nominasie vir die spesifieke toekenning moet by die nominasie ingesluit word.
- Alle nominasies vir toekennings in Bosveld Jagters sal deur die Advieskomitee beoordeel word en bevindings sal skriftelik aan die betrokke Tak Bestuur en Uitvoerende Bestuur deurgegee word vir ratifisering.
- Enige Tak Bestuur en/of die Uitvoerende Bestuur kan enige toekenning wat aan enige Lid of persoon gemaak is terugtrek in die geval waar die toekenning en/of Bosveld Jagters in oneer gebring word deur sodanige Lid of persoon.
- Impala Toekenning:
- ân Sertifikaat vir Verdienstelikheid, wat bekend sal staan as die âImpala Toekenningâ kan aan ân Lid toegeken word op Tak vlak deur die Tak Bestuur of Uitvoerende vlak deur die Uitvoerende Bestuur.
- Toegewyde Status.
- Die Impala Toekenning se doel is om erkenning aan ân Lid te gee wat getrou en konsekwent die harde en glanslose werk doen binne ân Tak of op Uitvoerende vlak om die doeltreffende funksionering van die Tak en/of Bosveld Jagters te verseker.
- ân Lid wat aan beide van die volgende kriteria voldoen kan genomineer word vir ân Impala Toekenning:
- 10 (Tien) jaar Premium Lidmaatskap en
- Onbaatsugtige diens gelewer het vir ten minste 5 jaar aan die Tak of Bosveld Jagters in die algemeen.
- Honoris Signum:
- Die Honoris Signum toekenning word deur die Uitvoerende Bestuur aan ân Lid of Ampsdraer toegeken om die persoon te vereer vir buitengewone bydraes gelewer tot die voordeel, uitbou en verbetering van Bosveld Jagters.
- Die toekenning is bedoel om Lede te vereer wat ân duidelike impak maak of gemaak het in Bosveld Jagters deur middel van hul visie en leierskap of prestasie of kundigheid.
- ân Lid wat aan enige een (1) van die volgende kriteria voldoen kan genomineer word vir ân Honoris Signum toekenning:
- Vir ân ononderbroke tydperk van vyf (5) jaar ân opbetaalde Lid van Bosveld Jagters is en wat gedurende daardie tydperk uitsonderlik presteer het of buitengewone kundigheid bygedra het in jag, sportskiet of bewaring.
- ân Lid wat aan beide van die volgende kriteria voldoen kan genomineer word vir ân Impala Toekenning:
Of:
- Vir ân tydperk van tien (10) jaar as ân Ampsdraer in Bosveld Jagters gedien het en buitengewone leierskap getoon het of buitengewone kundigheid bygedra het in enige afdeling van administrasie of bestuur of opleiding of bewaring of bemarking of jag of sportskiet.
- Presidentstoekenning:
- Die Presidentstoekenning is die hoogste toekenning deur Bosveld Jagters aan enige Lid en word uitsluitlik op meriete toegeken vir uitnemendheid.
- Hoogstens 1 (een) toekenning kan per jaar gedoen word maar dit is nie verpligtend om dit jaarliks toe te ken nie.
- Die toekenning kan deur die Uitvoerende Bestuur toegeken word aan ân Lid wat:
- ân Uitsonderlike bydra gemaak het, direk of indirek, om Bosveld Jagters as organisasie te bevorder of te bevoordeel of uit te bou:
- Presidentstoekenning:
Of
- ân Uitmuntende prestasie behaal het binne of buite Bosveld Jagters maar wat tot direkte of indirekte voordeel strek van Bosveld Jagters in die algemeen.
Of
- Uitsonderlike kundigheid bygedra het binne of buite Bosveld Jagters maar wat strek tot direkte of indirekte voordeel van Bosveld Jagters.
- Ad Hoc Toekennings:
- Bosveld Jagters se Uitvoerende Bestuur mag van tyd tot tyd Ad Hoc Toekennings toeken aan nie-Lede.
- Die bepalings van Art. 14.6.3 en Art 14.6.4 sal steeds van toepassing wees.
- Algemeen:
- Die betrokke Tak Bestuur is verantwoordelik vir die bywerking en instandhouding van sy eie Tak se Ledeprofiele op die internetwebtuiste.
- Slegs opbetaalde Lede wat deelneem aan amptelike aktiwiteite en kompetisies van Bosveld Jagters se aktiwiteite en prestasies sal geldig wees.
- ân Premium Lid het stemreg vanaf ouderdom 18.
- Alle deelnemende skuts, in enige dissipline van enige afdeling, sal voor enige skietaktiwiteit of kompetisie begin, ân vrywaring soos vervat in Aanhangsel G, onderteken.
- Indien die skut minderjarig is, sal die ouer/voog of persoon verantwoordelik vir die minderjarige skut, die vrywaring mede-onderteken saam met die minderjarige skut.
- Enige opbetaalde Lid van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging kan aansoek doen vir die uitreiking van ân amptelike endossement by die Tak.
- Geen Lidmaatskap sal toegeken word aan ân Lid wat onbevoeg is om ân vuurwapen te besit nie.
- ân Lid wat onbevoeg verklaar word om ân vuurwapen te besit se Lidmaatskap kan opgehef word.
- ân Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur kan, nadat die voorgeskrewe tugprosedure soos omskryf in Aanhangsel A gevolg is, in die oordeel en diskresie van sodanige Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur die betrokke Lid se Lidmaatskap tydelik of permanent ophef.
- Indien ân Lid bedank of sy lidmaatskap opgehef word, sal so ân Lid geen reg of aanspraak hĂȘ op enige bates of fondse van Bosveld Jagters nie en sal sy/haar toegewyde status, indien van toepassing, verbeur.
- Ad Hoc Toekennings:
15 TAKKE
- Alle Sake van Tak Belang word deur die Tak Bestuur hanteer, in ooreenstemming met die Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures asook die Kompetisiereëls van Bosveld Jagters.
- Die Tak Bestuur is naas die Algemene Tak Jaarvergadering die hoogste besluitnemende gesag in die Tak en die hoogste uitvoerende gesag op Tak vlak rakende Sake van Tak Belang soos gelys in Art. 9 hierbo.
- Verkiesing van Tak Besture.
- Die Tak Bestuur word tweejaarliks op die Algemene Tak Jaarvergadering by wyse van stembriewe verkies in die gevalle waar meer as een kandidaat genomineer is.
- Nominasies vir Ampsdraers moet skriftelik ingedien word by die Tak Bestuur 28 (agt en twintig) dae voor die verkiesing.
- ân Tak se Lede verkies Ampsdraers wat die volgende ampte sal beklee:
- Voorsitter.
- Ondervoorsitter.
- Tesourier.
- Sekretaris.
- Hierdie Ampsdraers vorm die Tak Dagbestuur en die Tak Dagbestuur kan die volgende Ampsdraers koöpteer:
- Koördineerder â Opleiding.
- Koördineerder â Bemarking.
- Koördineerder â Jag en Bewaring.
- Koördineerder â Sportskiet.
- Die Tak Bestuur kan nog addisionele Lede as Organiseerders aanwys om Koördineerders in hul taak by te staan.
- Die Ampsdraers in Art. 15.3.3 en Art 15.3.4 tesame met die Organiseerders vorm die Tak Bestuur en het stemreg in die Tak Bestuursvergaderings.
- Die Tak Bestuur kan ook betaalde werknemers indiens neem om in die Tak Bestuur te dien.
- ân Betaalde werknemer op die Tak Bestuur moet ân Lid wees.
- In so ân geval sal so ân Lid nie ân Ampsdraer wees nie maar sal stemreg hĂȘ in ân Tak Bestuursvergadering en deel uitmaak van die Tak Bestuur.
- Die nominasie van persone om as Ampsdraers van die Tak verkies te kan word vind plaas deur middel van die nominasieproses soos vervat in Art. 15.3.2, Art. 21.1, Art 21.2 en Aanhangsel D.
- Die Algemene Tak Jaarvergaderings- en -verkiesingsprosedure word volledig vervat in Aanhangsel D.
- Tak Besture moet die Uitvoerende Bestuur binne dertig (30) dae in kennis stel van enige verandering aan die Tak Bestuur.
- Tak Bestuursvergaderings.
- ân Kworum vir enige Tak Bestuursvergadering is 50% plus een van die Tak se Bestuurslede.
- Alle besluite op ân Tak Bestuursvergadering geskied by wyse van ân gewone meerderheid van 50% plus een (1) van Tak Bestuurslede teenwoordig.
- In geval van ân staking van stemme sal die Tak Voorsitter ân beslissende stem hĂȘ.
- ân Besluit geneem en onderteken deur al die Tak Bestuurslede is net so geldig soos ân besluit geneem op ân Tak Bestuursvergadering.
- ân Besluit kan ook geneem word deur ân stemming te hou op die aanvaarde sosiale media platform, waartoe alle Lede van die Tak Bestuur toegang het en waar die kennisgewing van die stemming geplaas is.
- Die Tak Dagbestuur sal die noodbesluite, soos deur die Tak Voorsitter bepaal, hanteer. Daardie besluite sal genotuleer word en goedgekeur of aangepas word op die eerste daaropvolgende Tak Bestuursvergadering.
- Tak Bestuursvergaderings is nie geslote nie en enige Lid is geregtig om dit by te woon onderhewig aan die bepalings van Art. 21.13.
- ân Tak Bestuur kan enige Lid versoek om voor ân Tak Bestuur te verskyn om dokumentasie voor te lĂȘ, getuienis te lewer of om enige aangeleentheid te bespreek.
- Algemene Tak Jaarvergadering en Algemene Tak Ledevergaderings.
- Elke Tak sal elke jaar drie (3) Algemene Tak Ledevergaderings hou waarvan een
(1) die Algemene Tak Jaarvergadering sal wees. Die Tak Bestuur sal een en twintig (21) dae voor die aanvang van ân vergadering skriftelik kennis gee aan alle Lede van die Tak.
- Die Algemene Tak Ledevergaderings sal verkieslik na afloop van ân Uitvoerende Bestuursvergadering gehou word, sodat behoorlike terugvoer aan Lede gegee kan word deur die Tak Bestuur.
- Algemene Tak Ledevergaderings kan ook voor die datum van ân Uitvoerende Bestuursvergadering gehou word om probleme wat geidentifiseer is te bespreek vir voorlegging aan en hantering deur die Uitvoerende Bestuur.
- Die Algemene Tak Jaarvergadering van alle Takke sal gehou word in Augustus of September van elke jaar ter voorbereiding van die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering en die Bosberaad.
- ân Agenda vir die Ledevergaderings asook ân notule van die vorige vergadering sal binne 24 uur na kennisgewing uitgestuur word.
- ân Kworum vir ân Algemene Tak Jaarvergadering, ân Algemene Tak Ledevergadering of ân Spesiale Tak Ledevergadering sal 5% van die opbetaalde Lede van die Tak wees.
- Besluitneming vir sake bespreek op so ân vergadering sal geskied by wyse van ân gewone meerderheid van 50% plus een (1) Lede teenwoordig.
- In geval van ân staking van stemme sal die Tak Voorsitter ân beslissende stem hĂȘ.
- ân Tak Voorsitter kan ân Spesiale Tak Ledevergadering belĂȘ deur een en twintig
(21) dae vooraf skriftelike kennisgewing aan al die Lede te gee, en die Tak Voorsitter bepaal die datum, tyd en plek vir die hou van so ân spesiale vergadering.
- Tak Besture en Tak Bestuurslede.
- Elke Tak Bestuurslid sal te alle redelike tye:
- ân aanvaarbare hoĂ« mate van etiek handhaaf en dienooreenkomstig optree;
- alle bronne van die Tak ekonomies en op die mees effektiewe wyse aanwend, gebruik en bewaar;
- sy dienste onpartydig, onafhanklik en sonder enige bevoordeling of vooroordele uitoefen inbelang van al die Lede as ân geheel;
- toesien en omsien na die behoeftes van die Lede en hulle te alle redelike tye dien en motiveer om aktief betrokke te raak by die aktiwiteite en werksaamhede van die Tak en Bosveld Jagters;
- goeie menslike hulpbronbestuur toepas; en
- met die nodige ywer, sorgsaamheid en kundigheid op te tree wat verwag kan word van ân persoon in ân vertrouensposisie.
- Alle Tak Bestuurslede verrig hul ampspligte sonder enige vergoeding, maar indien daar voldoende fondse beskikbaar is, kan Bestuurslede vergoed word vir hul redelike reis en verblyf uitgawes om Tak Bestuursvergaderings of Uitvoerende Bestuursvergaderings of vir enige amptelike aangeleentheid.
- Die Tak Bestuur kan ân voltydse of deeltydse persoon of persone teen vergoeding aanstel om spesifieke take in die Tak te verrig.
- Alle Tak Bestuursbesluite sal so spoedig moontlik aan alle Lede deurgegee word deur die Tak Bestuur.
- Elke Tak moet ten minste een (1) bankrekening open waarin alle gelde en fondse wat ontvang word, gedeponeer, hanteer en bestuur word deur die Tak Tesourier in samewerking met die Tak Voorsitter en die Tak Bestuur.
- Alle uitgawes wat aangegaan word, moet:
- redelik en billik wees;
- in belang van die Tak en/of Bosveld Jagters wees; en
- deur die Tak Tesourier en Tak Voorsitter goedgekeur word.
- Takke kan fondse aan of by Bosveld Jagters se Uitvoerende Bestuur leen.
- Takke mag skenkings en erflatings ontvang en fondsinsamelings hou om hul fondse aan te vul.
- Die fondse van elke Tak word gegenereer deur die invordering van Lidmaatskapsgelde, Addisionele Takfooie, heffings en die aanbieding van fondsinsamelingsprojekte vir die algemene bestuur van die Tak.
- Takke moet Lede werf.
- Elke Tak Bestuurslid sal te alle redelike tye:
- Takke hanteer die aansoeke en opleiding van Lede vir toegewyde jagter- en toegewyde sportskutstatus.
- Die Tak Bestuur moet verseker dat die name van die Lede in die Tak wat toegewyde statusse verwerf aan die Uitvoerende Koördineerder â Bemarking deurgegee word en dat die lys op datum is.
- Indien enige Lid van ân Tak Bestuur se Lidmaatskap verval, word so ân Bestuurslid van sy pos onthef deur die Tak Bestuur, tensy die Tak Bestuur op aansoek van so ân Lid anders sou bevind.
- Die Tak Dagbestuur sal so spoedig moontlik iemand tydelik koöpteer om in die bestuurspos waar te neem tot en met die volgende Tak Bestuursvergadering, waartydens die Tak Bestuur dit sal bekragtig of iemand anders sal koöpteer.
- Sanksies:
- ân Tak Bestuurslid kan deur die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur uit sy amp onthef word indien:
- Hy vir ân tydperk van drie (3) maande of langer uit die Tak afwesig is en sodoende nie sy werksaamhede kan uitvoer nie;
- Hy nie ten minste 66% van Tak Bestuursvergaderings per jaar bywoon nie;
- ân Klagte teen sodanige Lid ingedien word deur ân ander Lid of die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur.
- ân Tak Bestuurslid sal deur die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur uit sy amp onthef word indien:
- Hy ophou om Lid te wees van Bosveld Jagters;
- Hy deur ân hof as geestesongesteld verklaar word;
- Hy onbevoeg is of onbevoeg verklaar word om ân vuurwapen te besit;
- Onwillig is of nie oor die vermoë beskik om sy bestuursfunksies te vervul nie.
- Hy skuldig bevind is aan ân oortreding nadat die proses, soos bepaal in Aanhangsel A, voltooi is en die Uitvoerende Bestuur die ontheffing goedgekeur het:
- ân Mosie van wantroue teen sodanige Lid ingedien word deur 40% of meer van die Lede van die Tak of die meerderheid Lede van die Tak Bestuur of die meerderheid Lede van die Uitvoerende Bestuur, hetsy by wyse van ondertekende petisie of stemming.
- ân Tak Dagbestuurslid sal deur die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur uit sy/haar amp onthef word indien:
- Hy gesekwestreer word.
- Hy onbevoeg verklaar is om as direkteur van ân maatskappy aangestel te kan word en op te tree;
- ân Tak Bestuurslid kan deur die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur uit sy amp onthef word indien:
- Die Tak Dagbestuur sal so spoedig moontlik iemand tydelik koöpteer om in ân vakante bestuurspos waar te neem tot en met die volgende Tak Bestuursvergadering, waarna die Tak Bestuur dit sal bekragtig of iemand anders sal koöpteer.
- Indien ân mosie van wantroue teen ân Tak Bestuur ingedien word deur 40% of meer van die Lede van die Tak, hetsy by wyse van ondertekende petisie of stemming, word dit onverwyld verwys na die Uitvoerende Bestuur deur die Tak Voorsitter.
- Die Uitvoerende Bestuur sal die saak onmiddellik ondersoek en indien daar meriete daarin is, sal die betrokke Tak Bestuur onmiddellik van hul verpligtinge onthef word deur die Uitvoerende Bestuur.
- Die Uitvoerende Bestuur sal dan ân tussentydse bestuur aanstel om die Tak te bestuur.
- Die Uitvoerende Bestuur sal binne 90 (negentig) dae ân herverkiesing van ân nuwe Tak Bestuur reĂ«l by wyse van ân Spesiale Tak Ledevergadering.
- Enige Lid wat ân probleem ervaar, klagte wil indien of enige sake van belang onder die aandag van Bosveld Jagters wil bring, dien dit skriftelik by sy Tak Bestuur in soos bepaal in Aanhangsel A.
- Enige Lid of Tak kan appelleer teen ân bevinding van die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur. Die appĂ©l sal hanteer word kragtens die bepalings in Art. 19.2.7, Art 23.2, Art 23.3 en Aanhangsel A.
- Indien ân mosie van wantroue teen ân Tak Bestuur ingedien word deur 40% of meer van die Lede van die Tak, hetsy by wyse van ondertekende petisie of stemming, word dit onverwyld verwys na die Uitvoerende Bestuur deur die Tak Voorsitter.
16 UITVOERENDE AMPSDRAERS
- Die Uitvoerende Ampsdraers word vir ân termyn van twee (2) jaar verkies of gekoöpteer of aangewys.
- Verkiesing, koöptering en aanwysing van Uitvoerende Ampsdraers:
- Nominasies vir die verkiesing van Uitvoerende Ampsdraers moet skriftelik ingedien word by die Uitvoerende Sekretaris 28 (agt en twintig) dae voor die verkiesing.
- Die Lede van Bosveld Jagters verkies op ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering die Uitvoerende Dagbestuur wat die volgende ampte sal beklee:
- President.
- Uitvoerende Voorsitter.
- Uitvoerende Ondervoorsitter
- Uitvoerende Tesourier.
- Uitvoerende Sekretaris.
- Die Takke se onderskeie Koördineerders nomineer uit die geledere van die Tak Koördineerders die persone wat deur die Uitvoerende Bestuur gekoöpteer kan word as die Uitvoerende Koördineerders wat die volgende ampte sal beklee:
- Uitvoerende Koördineerder â Opleiding.
- Uitvoerende Koördineerder â Bemarking.
- Verkiesing, koöptering en aanwysing van Uitvoerende Ampsdraers:
- Uitvoerende Koördineerder â Jag en Bewaring.
- Uitvoerende Koördineerder â Sportskiet.
- Die Uitvoerende Bestuur kan nog addisionele Lede as Organiseerders aanwys om Koördineerders in hul taak by te staan.
- Die Vise-Presidente sal tydens die Bosberaad aangewys word en sal:
- ân Maksimum van vier (4) Vise-Presidente wees;
- Vir ân termyn van twee (2) jaar in die amp dien.
- Die Uitvoerende Ampsdraers van Bosveld Jagters voer die besluite van die Uitvoerende Bestuur uit rakende die Sake van Gemeenskaplike Belang.
- Die nominasie van persone om as Uitvoerende Ampsdraers verkies te kan word vind plaas deur middel van die nominasieproses soos vervat in Art. 16.2.1, Art. 21.1, Art 21.2 en Aanhangsel D.
- Die President en Vise-Presidente is Ampsdraers sonder stemreg in die Uitvoerende Bestuur.
- Die President en Vise-Presidente tree in ân adviserende hoedanigheid op en vorm die kern van die Advieskomitee van Bosveld Jagters soos vervat in Art. 19.
- Die pligte van die Uitvoerende Ampsdraers is vervat in Aanhangsel C.
- Sanksies:
- ân Uitvoerende Ampsdraer kan deur die Uitvoerende Bestuur uit sy amp onthef word indien:
- Hy vir ân tydperk van drie (3) maande of langer uit sy amp afwesig is en sodoende nie sy werksaamhede kan uitvoer nie;
- Hy nie ten minste 66% van Uitvoerende Bestuursvergaderings per jaar bywoon nie;
- ân Klagte teen ân Ampsdraer ingedien word deur ân ander Lid of ân Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur.
- ân Uitvoerende Ampsdraer sal deur die Uitvoerende Bestuur uit sy amp onthef word indien:
- Hy ophou om Lid te wees van Bosveld Jagters;
- Hy deur ân hof as geestesongesteld verklaar word;
- Hy onbevoeg is of onbevoeg verklaar word om ân vuurwapen te besit;
- Onwillig is of nie oor die vermoë beskik om sy bestuursfunksies te vervul nie.
- Hy skuldig bevind is aan ân oortreding nadat die proses, soos bepaal in Aanhangsel A, voltooi is en die Uitvoerende Bestuur die ontheffing goedgekeur het:
- ân Mosie van wantroue teen ân Uitvoerende Ampsdraer ingedien word deur 40% of meer van die Lede van Bosveld Jagters of die meerderheid Lede van die Uitvoerende Bestuur, hetsy by wyse van ondertekende petisie of stemming.
- ân Uitvoerende Ampsdraer kan deur die Uitvoerende Bestuur uit sy amp onthef word indien:
- ân Lid van die Uitvoerende Dagbestuur sal deur die Uitvoerende Bestuur uit sy/haar amp onthef word indien:
- Hy gesekwestreer word:
- Hy onbevoeg verklaar is om as direkteur van ân maatskappy aangestel te kan word en op te tree;
- Die Uitvoerende Dagbestuur sal so spoedig moontlik iemand tydelik koöpteer om in ân vakante bestuurspos waar te neem tot en met die volgende Uitvoerende Bestuursvergadering, waarna die Uitvoerende Bestuur dit sal bekragtig of iemand anders sal koöpteer.
- Enige Uitvoerende Ampsdraer kan appelleer teen ân bevinding van die Uitvoerende Bestuur. Die appĂ©l sal hanteer word kragtens die bepalings van Art. 19.2.7, Art. 23.2, Art 23.3 en Aanhangsel A.
17 UITVOERENDE WERKNEMERS VAN BOSVELD JAGTERS
- Die Uitvoerende Bestuur kan Uitvoerende Werknemers indiens neem en ontslaan.
- Die Uitvoerende Werknemers van Bosveld Jagters is nie Ampsdraers nie.
- Uitvoerende Werknemers moet Lede wees en het sitting in Uitvoerende Bestuursvergaderings maar het geen stemreg nie.
- Indien ân Uitvoerende Werknemer ân Lid is van Bosveld Jagters sal sodanige Lid stemreg hĂȘ in ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering, ân Spesiale Algemene Uitvoerende vergadering, die Bosberaad en ân Algemene Tak Jaarvergadering.
- Die proses van aanstelling van werknemers deur die Uitvoerende Bestuur en Takbesture is volledig vervat in Aanhangsel C.
18 DIE UITVOERENDE BESTUUR
- Die Uitvoerende Bestuur is naas die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering die hoogste besluitnemende gesag in Bosveld Jagters ten op sigte van Sake van Gemeenskaplike Belang.
- Die Uitvoerende Bestuur sal in die algemeen Bosveld Jagters verteenwoordig om namens en ten behoewe van Bosveld Jagters op te tree en om verder gevolg te gee aan die doelstellings en funksies van Bosveld Jagters soos in hierdie Grondwet vervat.
- Samestelling van die Uitvoerende Bestuur:
- Die Uitvoerende Bestuur word saamgestel uit die Uitvoerende Ampsdraers en die Tak Besture se afgevaardigdes soos bepaal in Art 5.1.59.
- NĂĄ die verkiesing van die Uitvoerende Ampsdraers moet ân Uitvoerende Bestuursvergadering geskeduleer word, wat binne negentig (90) dae vanaf die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering plaasvind, en daarna op datums en tye soos bepaal deur die Uitvoerende Voorsitter in oorleg met die Uitvoerende Bestuur.
- Uitvoerende Bestuursvergaderings:
- Die Uitvoerende Bestuur moet ten minste twee (2) Uitvoerende Bestuursvergaderings per jaar hou.
- Tydens ân Uitvoerende Bestuursvergadering sal slegs die Ampsdraers soos gemeld in Art. 16.2.2.3 tot Art. 16.2.2.5 en Art. 16.2.3.1 tot Art. 16.2.3.4 of sy Verteenwoordiger en elke Tak Voorsitter of sy Verteenwoordiger een stem hĂȘ, met die Uitvoerende Voorsitter wat ân beslissende stem, in geval van ân staking van stemme, sal hĂȘ.
- By alle Uitvoerende Bestuursvergaderings sal ân kworum 50% plus + een (1) van die Uitvoerende Bestuurslede wees.
- Besluitneming vir sake bespreek op so ân vergadering sal geskied by wyse van ân gewone meerderheid van 50% plus een (1) Lede teenwoordig.
- By alle sodanige Uitvoerende Bestuursvergaderings kan stemming oor enige besluit geskied by wyse van hande opsteek of elektronies per internet of per geslote stembriewe.
- ân Gewone meerderheid van stemme is nodig om ân voorstel goed te keur.
- Die Uitvoerende Bestuur moet jaarliks ân Bosberaad vir Lede skeduleer wat gedurende Januarie gehou sal word. Die Lede teenwoordig by die Bosberaad het die volgende magte:
- Lede teenwoordig vorm ân kworum.
- Alle stemgeregtigde Lede teenwoordig het stemreg.
- Besluite word geneem op die basis van konsensus of met ân meerderheid van stemme.
- Aktuele sake van belang vir Bosveld Jagters word bespreek, beplan en saamgevat in aanbevelings aan die Uitvoerende Bestuur, Tak Besture en die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- Bepaal en keur die Lidmaatskapfooi goed vir die volgende finansiële jaar.
- Finaliseer die begroting vir die volgende finasiële jaar.
- Keur die begroting goed vir die volgende finansiële jaar.
- Wys die Vise-Presidente aan kragtens Art. 16.2.5.
- Die prosedures wat gevolg moet word in enige Uitvoerende Bestuursvergaderings is volledig vervat in Aanhangsel D.
- Die Uitvoerende Bestuur sal:
- Toesien dat alle besluite rakende Sake van Gemeenskaplike Belang geneem, uitgevaardig en uitgevoer word.
- Toesien dat alle bestuursbesluite so spoedig moontlik aan alle Takke deurgegee word.
- Wysigings aan die Grondwet van Bosveld Jagters hanteer word soos bepaal in Art. 11.2, Art. 20.1.4.4, Art 20.1.7 en Art. 21.4.
- Wysigings aan die Beleidskrifte en Prosedures asook Kompetisiereëls van Bosveld Jagters hanteer word soos bepaal in Art 12.3, Art 12.4 en Aanhangsel D.
- Toesien dat die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering jaarliks voor 30 November gehou word.
- Die Ampsdraers koöpteer kragtens Art. 16.2.3.
- Nominasies vir toekennings aan Lede vanaf Takke en die Uitvoerende Bestuur deurgee aan die Advieskomitee vir evaluering en aanbeveling.
- Toekennings aan Lede ratifiseer op aanbeveling van die Advieskomitee.
- Regsgedinge instel en verdedig vir en ten behoewe van Bosveld Jagters.
- Toesien dat Bosveld Jagters bestuur word ooreenkomstig gesonde korporatiewe bestuurspraktyke, die bepalings van die Grondwet van Bosveld Jagters en die Beleidskrifte en Prosedures soos vervat in die Aanhangsels.
- ân Ouditeur aanbeveel om die finansiĂ«le state te hersien. 18.4.9.11.1 Die aangewese ouditeur sal:
- Toegang en insae hĂȘ in alle rekords, dokumente, gelde, fondse, eiendom en bates van Bosveld Jagters ten einde sy pligte uit te voer; en
- binne twee (2) maande ân volledige verslag aanbied vir voorlegging aan die Uitvoerende Bestuur asook die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- Die President en twee (2) Uitvoerende Bestuurslede afvaardig om Bosveld Jagters by ander vergaderings van ander organisasies of geleenthede te verteenwoordig.
- Indien die President nie beskikbaar is nie sal ân Vise-President hom verteenwoordig.
- Alle Uitvoerende Bestuurslede moet ten minste twee (2) (66%) Uitvoerende Bestuursvergaderings per jaar bywoon.
- Elke Uitvoerende Bestuurslid sal te alle redelike tye:
- ân aanvaarbare hoĂ« mate van etiek handhaaf en dienooreenkomstig optree;
- alle bronne van Bosveld Jagters ekonomies en op die mees effektiewe wyse aanwend en gebruik;
- sy dienste onpartydig, onafhanklik en sonder enige bevoordeling of vooroordele en in belang van al die Lede van Bosveld Jagters uitoefen;
- omsien na die behoeftes van die Lede en hulle te alle redelike tye dien en motiveer om aktief betrokke te raak by die aktiwiteite en werksaamhede van Bosveld Jagters;
- goeie menslike hulpbronbestuur toepas; en
- met die nodige ywer, sorgsaamheid en kundigheid optree wat van ân persoon in ân vertrouensposisie verwag kan word.
- Alle uitgawes wat aangegaan word, moet:
- redelik en billik wees;
- in belang van Bosveld Jagters wees;
- deur die Uitvoerende Tesourier en die Uitvoerende Voorsitter goedgekeur word.
- Die Uitvoerende Voorsitter kan enige taak, funksie of werksaamheid aan enige van die Uitvoerende Bestuurslede of subkomitees delegeer.
- Die Uitvoerende Bestuur het die mag om subkomitees vir enige spesiale doel aan te stel en om aan sulke komitees magte te delegeer soos wat nodig geag mag word en wat aan die Uitvoerende Bestuur terug rapporteer. Lede van subkomitees hoef nie noodwendig Lede van die bestuur te wees nie en is nie Ampsdraers nie.
- ân Lid van Bosveld Jagters het toegang tot alle rekords van Bosveld Jagters wat insluit maar nie beperk is nie tot bankstate, finansiĂ«le state, notules, beleidsdokumente en argiewe.
- Die Uitvoerende Dagbestuur:
- Die samestelling van die Uitvoerende Dagbestuur word bepaal in Art.
5.1.60 en Art. 16.2.2.
- Indien die Uitvoerende Voorsitter bepaal dat ân noodbesluit geneem moet word, sal die Uitvoerende Dagbestuur ân besluit neem op ân wyse wat die Voorsitter as geskik ag.
- ân Kworum vir die Uitvoerende Dagbestuur is ân minimum van drie (3) Lede.
- Besluitneming sal geskied by wyse van meerderheidstemme van 50% plus een (1) teenwoordig.
- Alle besluite van die Uitvoerende Dagbestuur sal genotuleer word.
- Op die daaropvolgende Uitvoerende Bestuursvergadering sal die Dagbestuursbesluite op die agenda geplaas word vir goedkeuring, genotuleer word en dan goedgekeur of gewysig word.
- Die prosedures wat gevolg moet word is volledig vervat in Aanhangsel D.
19 DIE ADVIESKOMITEE
- Die advieskomitee sal bestaan uit:
- Die President;
- Die Uitvoerende Voorsitter;
- Al die vise-presidente;
- Die Uitvoerende Ondervoorsitter;
- Die Uitvoerende Sekretaris;
- Die Uitvoerende Tesourier;
- Addisionele Lede volgens behoefte.
- Magte van die Advieskomitee.
- Die advieskomitee sal alleenlik adviserende magte hĂȘ met geen uitvoerende magte.
- Die Advieskomitee sal nie gereeld vergader nie maar sal op versoek van die President of die Uitvoerende Voorsitter of die Uitvoerende Bestuur of ân Takbestuur vergader om enige aangeleentheid te oorweeg en advies ten op sigte van sodanige aangeleentheid te gee.
- Enige Lid kan deur die President of die Uitvoerende Voorsitter op ân ad hoc basis gekoöpteer word op die Advieskomitee om insette rakende ân speifieke kwessie te lewer.
- Sodanige Lid kwalifiseer nie as ân Ampsdraer nie.
- Alle Lede van die Advieskomitee het stemreg in ân Advieskomitee vergadering.
- Die Advieskomitee sal alle nominasies vir toekennings evalueer en finale bevindings en aanbevelings maak aan die Uitvoerende Bestuur vir ratifisering.
- Die Advieskomitee sal alle appélle evalueer en finale bevindings en aanbevelings maak aan die Uitvoerende Bestuur vir ratifisering.
- Die bevindings en aanbevelings van die advieskomitee in Art. 19.2.6 en Art. 19.2.7 is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
- Notule sal gehou word van alle vergaderings.
20 UITVOERENDE LEDEVERGADERINGS
- Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- Die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering van Bosveld Jagters sal gehou word op ân plek en op ân datum soos deur die Uitvoerende Bestuur besluit, maar nie later as 30 November van elke jaar nie.
- Lede sal skriftelik of elektronies in kennis gestel word, minstens een en twintig (21) dae voor die datum waarop die algemene jaarvergadering gehou sal word.
- ân Kworum vir ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering van Bosveld Jagters is ten minste 30 stemgeregtigde Lede.
- Die volgende sake moet op ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering se agenda aangedui word:
- Sake voortspruitend uit die notule van die vorige Algemene Uitvoerende Jaarvergadering;
- Voorstelle vanaf die Uitvoerende Bestuur ten opsigte van sake van gemeenskaplike belang.
- Verkiesing van Uitvoerende Ampsdraers (elke tweede jaar);
- Voorgestelde wysigings aan die Grondwet;
- Terugvoer oor goedgekeurde wysigings aan die Beleidskrifte en Prosedures asook Kompetisiereëls;
- Jaarverslae vanaf alle Uitvoerende Ampsdraers;
- Takke se jaarverslae oor hul werksaamhede en funksionering;
- Goedkeuring van die Hersiene Finansiële verslag van die vorige finansiële jaar.
- Terugvoer oor die aanstelling van Uitvoerende Werknemers.
- Elke opbetaalde Lid het stemreg by ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering.
- In die geval van ân gelykop stemming sal die voorsitter ân beslissende stem hĂȘ.
- Enige veranderings aan die Grondwet tydens ân Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering of ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering vereis ân twee-derde meerderheid van stemme.
- Stemming tydens ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering of Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering kan by wyse van ân stembrief of elektronies of met die opsteek van hande geskied.
- Die uitslag van alle stemmery tydens ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering of Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering moet deur die Uitvoerende Sekretaris, Uitvoerende Tesourier en die Uitvoerende Voorsitter geverifieer word, voordat dit bekend gemaak word.
- Agendapunte vir bespreking op ‘n vergadering moet nie later as een en twintig (21) dae voor die vergadering aan die Uitvoerende Sekretaris deurgegee word sodat dit betyds aan almal gesirkuleer kan word en almal genoeg tyd het om daarvoor voor te berei en insette te sirkuleer.
- Agendapunte vir bespreking moet vergesel word van ‘n kort en bondige uiteensetting waaroor die agendapunt handel met ‘n voorgestelde mosie wat voorgehou gaan word by die vergadering.
- Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering.
- Die Uitvoerende Bestuur is daartoe verplig, indien dertig (30) stemgeregtigde Lede hulle skriftelik sodanig versoek, om met minstens sewe (7) dae skriftelike of elektroniese kennisgewing ân Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering te belĂȘ.
- Die doel van die vergadering moet duidelik in die versoekskrif uiteengesit word.
- Die bepalings betreffende ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering sal mutatis mutandis op alle Spesiale Algemene Uitvoerende Vergaderings van toepassing wees.
- Slegs sake wat vooraf skriftelik versoek en op die agenda van die vergadering geplaas is sal hanteer word.
- ân Agenda wat die sake vir bespreking bevat moet die kennisgewing van die vergadering vergesel.
21 ALGEMENE BEPALINGS TOV ALLE VERGADERINGS VAN BOSVELD JAGTERS
- Op enige vergadering van Bosveld Jagters kan stemming, of by wyse van die opsteek van hande of elektronies of by wyse van geslote stembriewe geskied.
- Alle besluite en stemmings moet genotuleer word en uitslae van stemmings moet bewaar word.
- ân Voorsitter mag nie ân voorstel indien nie.
- Voorstelle vir wysiging van die Grondwet of goedkeuring van finansiële state sal alleen toegelaat word mits kennisgewing van sodanige wysiging aan al die Lede van Bosveld Jagters gegee is minstens een-en-twintig (21) dae voor die datum van sodanige vergadering. Die kennisgewing kan skriftelik of elektronies en met plasing op die webblad geskied.
- Wanneer daar nie voldoende Lede teenwoordig is vir ân kworum nie sal die betrokke vergadering uitgestel word om binne veertien (14) dae plaas te vind en die Lede teenwoordig sal die plek, datum en tyd bepaal.
- Daar moet ten minste sewe (7) dae skriftelik kennis gegee word van die nuwe plek, datum en tyd.
- Die Lede wat dan by daardie hergeskeduleerde vergadering opdaag sal ân kworum vorm.
- ân Lid mag skriftelik volmag verleen aan slegs een ander opbetaalde Lid om namens hom/haar te stem indien hy/sy nie ân vergadering kan bywoon nie.
- ân Lid mag slegs een Volmaggewer verteenwoordig in ân vergadering.
- Nominasies vir die verkiesing van Ampsdraers, Uitvoerend en Tak, moet skriftelik wees en onderteken wees deur die genomineerde Lid, die nomineerder en ân sekondant.
- Die bepaling van Art 21.10 is nie van toepassing by koöptering of aanwysing van ân Ampsdraer nie.
- Indien ân voorsitter nie die vergadering kan bywoon nie sal die Ondervoorsitter in die amp optree.
- Enige Lid mag sewe (7) dae voor ân Uitvoerende Bestuursvergadering of Tak Bestuursvergadering skriftelik aansoek doen om sodanige vergadering by te woon om ân inset te lewer ten op sigte van ân nuwe saak of ân spesifieke punt op die agenda. Nadat die vergadering die spesifieke aangeleentheid of punt op die agenda eerste hanteer het sal die Lid verskoon word.
- Enige Bestuurslid is verplig om konflik van belange te verklaar voordat die vergadering ân aanvang neem. Wanneer sodanige punt onder bespreking kom mag die betrokke Lid nie deelneem aan die vergadering nie.
22 FINANSIëLE BEPALINGS
- Bosveld Jagters en die Takke se finansiële jaar sal elke jaar op 28 Februarie eindig.
- Alle uitbetalings sal sovĂȘr moontlik per internet / elektronies geskied.
- Die Uitvoerende Voorsitter en Uitvoerende Tesourier bly beide aanspreeklik vir alle transaksies wat deur Bosveld Jagters op Uitvoerende vlak gedoen word.
- Die Tak Voorsitter en Tak Tesourier bly beide aanspreeklik vir alle transaksies wat deur Bosveld Jagters op Tak vlak gedoen word.
- Geen EFT of enige ander vorm van betaling kan sonder twee (2) gemagtigde handtekeninge gedoen word nie.
- Alle borgskappe wat deur Bosveld Jagters as borg oorweeg word moet in die begroting aangedui word en deur die Algemene Uitvoerende Jaarvergadering goedgekeur word.
- Alle nasionale bates (uitgesluit die bates van die Takke) sal behoort aan Bosveld Jagters en sal deur die Uitvoerende Bestuur in trust gehou word ten behoewe van al die Lede.
- Bosveld Jagters kan nie enige nasionale bates verkoop of nuwe bates aankoop tensy dit op ân Uitvoerende Bestuursvergadering of ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering of op ân Spesiale Algemene Uitvoerende Vergadering goedgekeur is nie.
- Die Uitvoerende Bestuur is gemagtig om die nasionale fondse en bates van Bosveld Jagters te gebruik en aan te wend vir die doelstellings en voordeel van Bosveld Jagters en sy Lede.
23. BESKERMING VAN REGTE
- Enige Lid kan daarop aanspraak maak dat sy regte nie aangetas word nie deur regverdige en billike administratiewe bestuur en besluitneming en dat die Grondwet, Beleidskrifte en Prosedures asook Kompetisiereëls van Bosveld Jagters en sy betrokke Tak onpartydig, reg en billik toegepas word.
- Enige Lid mag te enige tyd sy Tak Bestuur skriftelik in kennis stel indien sy regte deur enige besluit of optrede geaffekteer, benadeel of geskaad word met volledige besonderhede daarvan.
- Enige appél sal na die Advieskomitee verwys word vir aanbeveling aan die Uitvoerende Bestuur.
24 DISSIPLINĂȘRE OPTREDE
- Die optrede en gedrag van alle Lede en besture van Bosveld Jagters, sal onderhewig wees aan die bepalings van die DissiplinĂȘre Kode en Klagteprosedure van Bosveld Jagters soos breedvoerig omskryf in Aanhangsel A hierby aangeheg.
- Enige dissiplinĂȘre optrede sal slegs volgens die bepalings van die Grondwet en Aanhangsel A hanteer word.
- ân Lid wat deur ân strafhof skuldig bevind word aan ân wesenlike kriminele oortreding en welke oortreding in stryd is met Bosveld Jagters se doelstellings, is nie geskik vir enige amp in ân Tak Bestuur of Uitvoerende Bestuur nie en mag dan ook nie op sodanige besture dien nie.
25 JURISDIKSIE
- Hierdie Grondwet van Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging is onderhewig aan die wetgewing van die Republiek van Suid Afrika.
26 ALGEMEEN
- Bosveld Jagters kan te enige tyd beĂ«indig en ontbind word of omskep word of saamsmelt met enige ander vereniging of organisasie met ân soortgelyke doelstelling by wyse van ân twee-derde meerderheidstem op ân Algemene Uitvoerende Jaarvergadering of Algemene Spesiale Uitvoerende Vergadering indien:
- Enige hof so sou gelas of;
- Indien Bosveld Jagters dormant sou raak of;
- Indien Bosveld Jagters nie meer in staat is om sy doelstellings te kan vervul nie.
- Die vereiste kworum vir so ân vergadering om die besluit te kan neem is veertig persent (40%) van alle opbetaalde Lede van Bosveld Jagters.
- Die kennisgewing van sodanige vergadering moet minstens 21 (een en twintig) dae wees.
- In geval van ân samesmelting van Bosveld Jagters met ân ander soortgelyke organisasie, sal al die bates en laste van Bosveld Jagters aanwas by die nuwe organisasie.
- By beĂ«indiging en ontbinding van Bosveld Jagters, sal die bates van Bosveld Jagters deur die Uitvoerende Bestuur geskenk word aan ân soortgelyke organisasie of die bates sal tegelde gemaak word en die kontant geskenk word aan ân soortgelyke organisasie.
- Enige Tak wat die bondgenootskap van Bosveld Jagters wil verlaat om by ân ander organisasie aan te sluit moet die besluit neem op ân Algemene Tak Jaarvergadering of ân Spesiale Algemene Tak Vergadering en moet aan al die volgende vereistes voldoen alvorens sodanige mosie kan dien:
- Geen gelde wat aan die Uitvoerende Bestuur verskuldig is mag uitstaande wees nie.
- Sestig (60) dae kennis moet gegee word van die vergadering met uitdruklike kennisgewing van die voorneme om Bosveld Jagters te verlaat.
- Stemming geskied slegs per geslote stembrief.
- Veertig present (40%) opbetaalde Lede van die Tak moet teenwoordig wees om ân kworum te vorm.
- ân Twee-derde meerderheid word vereis vir goedkeuring van die besluit.
- Indien al die vereistes soos vervat in Art. 26.6 hierbo nagekom is, mag die Tak onttrek aan die bondgenootskap en sy bates behou.
- Indien ân Tak se voortbestaan beĂ«indig word en die Tak word ontbind sal die vereistes soos vervat in Art. 26.6.2 tot Art. 26.6.5 van toepassing wees maar in hierdie geval sal die redes vir ontbinding duidelik uiteengesit word. Die Tak se bates sal in sodanige geval dan Bosveld Jagters toeval as deel van die nasionale bates.
Aanhangsel A
1. AANSLUITING
- Aanhangsel A vind in die algemeen aansluiting by die gees en bedoeling van die Grondwet van Bosveld Jagters en meer spesifiek by die volgende Artikels daarvan:
- Art. 5.
- Art. 8.2.
- Art. 9.1.
- Art. 12.
- Art. 14.6.3.8.
- Art. 15.7.2.5.
- Art. 15.7.6.
- Art. 15.7.7.
- Art. 16.4.2.5.
- Art. 16.4.5.
- Art. 19.2.5.
- Art. 23.
- Art. 24.
- Art. 25.
2. BELEID
- Enige Lid, Bestuurslid of Bestuur van Bosveld Jagters kan ân klagte indien of ân dispuut verklaar teen enige ander Lid, Bestuurslid, Bestuur of Tak van Bosveld Jagters ten opsigte van ân oortreding soos bedoel in Klousule 3 hieronder.
- Enige klagte of dispuut wat tussen Lede en/of Takke mag ontstaan moet d.m.v. mediasie of ân dissiplinĂȘre verhoor hanteer word.
- ân Klagte of dispuut soos bedoel in Klousule 3 hieronder moet binne ân redelike tyd nĂĄ die datum van die beweerde oortreding of gebeure (maar nie later nie as dertig [30] dae nĂĄ diĂ© datum waarop dit gebeur of bekend raak), skriftelik by die Tak Dagbestuur of die Uitvoerende Dagbestuur ingedien word.
- Indien ân Lid of ân Tak meer as een skriftelike waarskuwing binne ân tydperk van twaalf
(12) maande ontvang, word dit na die Uitvoerende Bestuur vir verdere hantering en besluitneming verwys.
- Die Tak Dagbestuur of die Uitvoerende Dagbestuur of die DissiplinĂȘre Komitee mag, indien hulle van oordeel is dat ân klagte of dispuut op ân onbenulligheid of ân nietigheid neerkom of indien daar na hul oordeel onvoldoende grondige rede is om die Lid of Tak dissiplinĂȘr aan te kla, weier om daarmee voort te gaan.
- Enige aangeleentheid ten opsigte van die dissipline van Bosveld Jagters wat nie in hierdie kode gereël is nie, word oorgelaat aan die diskresie van die Tak Dagbestuur of die Uitvoerende Dagbestuur.
- Die DissiplinĂȘre Komitee se besluite sal by wyse van ân meerderheid van stemme van die drie (3) Voorsittende Beamptes geneem word.
- Die gewone beginsels en reëls van die Bewysreg is van toepassing by die beoordeling van getuienis.
- Die aangeklaagde is verantwoordelik vir al sy eie kostes wat voortspruit uit die klagte en die verweer daarvan.
- ân Aangeklaagde mag deur ân mede-Lid of regsverteenwoordiger tydens ân dissiplinĂȘre verhoor verteenwoordig word.
- Daar kan ân negatiewe afleiding teen ân Aangeklaagde gemaak kan word vir sy versuim om nie persoonlik te verskyn en sy getuienis mondelings te lewer nie.
- Waar die Aangeklaagde ân Tak is, sal sodanige Tak daarop geregtig wees om twee (2) verteenwoordigers, wat volopbetaalde Lede is, af te vaardig om voor die dissiplinĂȘre komitee te verskyn namens die Tak. By gebreke daaraan sal die betrokke Tak Voorsitter voor die dissiplinĂȘre komitee verskyn.
- Waar ân Lid van die DissiplinĂȘre Komitee gedurende sy termyn bedank, sal die betrokke Bestuur ân plaasvervanger nomineer en aanstel.
- Die nie-nakoming van enige prosedurele voorskrif of tydgrens hierin vervat, sal nie die geldigheid van die verrigtinge affekteer nie.
- Die Uitvoerende Bestuur kan na goeddunke te eniger tyd enige inligting ten opsigte van die beweerde pleging van ân misdryf deur enige Lid van Bosveld Jagters aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens of die toepaslike natuurbewaringsowerhede oorhandig vir ondersoek en vervolging in ân geregshof en kan te eniger tyd daarna ân ondersoek na beweerde wangedrag teen so ân Lid ingevolge hierdie kode laat instel.
- DissiplinĂȘre verhore vind in kamera plaas.
- Die DissiplinĂȘre Komitee bestaan uit vier (4) Lede waarvan een (1) van die Lede sal optree as aanklaer terwyl die ander drie (3) die saak aanhoor as die Voorsittende Beamptes. Een
(1) van die Voorsittende Beamptes sal optree as Sameroeper van die DissiplinĂȘre Komitee.
- Alle getuienis afgelĂȘ tydens ân dissiplinĂȘre verhoor sal onder eed afgelĂȘ word tensy ân getuie geloofsbeswaar daarteen het, in welke geval die getuienis as die waarheid bevestig sal word.
- Ten minste een (1) van die Voorsittende Beamptes moet volledig notule hou van die getuienis wat tydens die verhoor gelei word.
- ân Bestuur kan ân klagte of dispuut terugverwys na die DissiplinĂȘre Komitee vir verdere ondersoek en aanbeveling indien nuwe getuienis aangebied word deur die Klaer of Aangeklaagde.
3. OORTREDINGS
- ân Lid en/of Tak van Bosveld Jagters begaan ân oortreding indien hy:
- Wesentlike wangedrag en/of onetiese gedrag openbaar en/of wesentlike wanvoorstelling pleeg wat insluit maar nie beperk is tot:
- Skuldig bevind word deur ân hof aan ân oortreding wat die doelstellings en integriteit van Bosveld Jagters aantas en/of Bosveld Jagters en sy Lede se beeld kan benadeel.
- Oortreding van enige gedeelte van die Wet op Vuurwapens of regulasies.
- Oortreding van enige wetgewing rakende die bewaring van fauna en flora of onwettige jag van enige dier.
- ân Gemeenregtelike of statutĂȘre misdryf pleeg wat op enige wyse verband hou met die bedrywighede van Bosveld Jagters of wat dit in gedrang bring.
- Hom skuldig maak aan ân handeling wat nadelig is vir Bosveld Jagters of die beeld van Bosveld Jagters of die nakoming van wetgewing deur Bosveld Jagters bedreig.
- Hom skuldig maak aan wangedrag tydens enige byeenkoms, kompetisie, funksie of ander geleentheid wat deur Bosveld Jagters aangebied word.
- Hom skuldig maak aan ân oortreding van die bepalings soos vervat in die Grondwet en die Beleid en Prosedures asook die KompetisiereĂ«ls van Bosveld Jagters.
- Hom skuldig maak aan oneerlikheid tydens ân kompetisie, wat tot gevolg het dat die handeling of die versuim daarvan die ware uitkoms van die kompetisie beĂŻnvloed of kan beĂŻnvloed, of poog om dit te doen.
- Weiering of versuim om voor die DissiplinĂȘre Komitee te verskyn nadat hy behoorlik in kennis gestel is en ân kennisgewing afgelewer is.
- Wesentlike wangedrag en/of onetiese gedrag openbaar en/of wesentlike wanvoorstelling pleeg wat insluit maar nie beperk is tot:
4. KLAGTE PROSEDURE
- ân Klagte word skriftelik ingedien by ân Tak Dagbestuur of Uitvoerende Dagbestuur binne dertig (30) dae na die oortreding begaan is of ontdek is.
- Die skriftelike klagte moet duidelik aandui dat dit ân formele klagte is en ân volledige beskrywing bevat van gebeure. Verder moet dit ook ân aanduiding van die volgende bevat:
- Of daar enige geldige bewysstukke bestaan.
- Of daar enige getuies is.
- Of daar enige audio- of visuele- of audiovisuele materiaal beskikbaar is.
- Die skriftelike klagte moet duidelik aandui dat dit ân formele klagte is en ân volledige beskrywing bevat van gebeure. Verder moet dit ook ân aanduiding van die volgende bevat:
- Die betrokke Dagbestuur sal dan besluit watter proses gevolg sal word.
- Indien die opsie van mediasie verkies word sal die volgende proses van toepassing wees:
- Die aangeleentheid moet binne veertien (14) dae deur die betrokke Dagbestuur (in geval van ân individuele Lid) of deur die Uitvoerende Dagbestuur (in geval van ân Tak), by wyse van informele mediasie hanteer word na behoorlike ondersoek.
- Indien mediasie suksesvol is word sodanige verslag saamgestel en aan die Tak Bestuur of Uitvoerende Bestuur aangebied vir goedkeuring.
- Indien die klagte of dispuut nie bevredigend opgelos kan word nie, sal die betrokke Dagbestuur besluit of dit op Tak vlak of Uitvoerende vlak hanteer moet word en sal dit binne sewe (7) dae verwys word na die toepaslike DissiplinĂȘre Komitee.
- Beide die Klaer en die Aangeklaagde sal ook binne sewe (7) dae van die besluit van die betrokke Dagbestuur in kennis gestel word.
- Indien die opsie van ân dissiplinĂȘre verhoor verkies word of die mediasieproses soos omskryf in Klousule 4.4 hierbo, nie suksesvol was nie sal die proses van ân dissiplinĂȘre verhoor van toepassing wees:
- ân DissiplinĂȘre Komitee sal binne sewe (7) dae saamgestel word deur die betrokke Tak Dagbestuur of die Uitvoerende Dagbestuur.
- Die DissiplinĂȘre Komitee het dertig (30) dae om die klagte of dispuut na behore te ondersoek.
- Indien die DissiplinĂȘre Komitee van mening is dat die klagte nie meriete het nie:
- Sal die DissiplinĂȘre Komitee die betrokke Bestuur volledig skriftelik inlig vir goedkeuring van hul bevinding en aanbeveling.
- Sal die betrokke Bestuur besluit of die bevinding en aanbeveling aanvaar word en die saak sluit.
- Indien die betrokke Bestuur van mening is dat daar wel meriete in die saak is kan daar voortgegaan word met die dissiplinĂȘre proses en/of dit kan ge-eskaleer word vanaf Tak Bestuur na Uitvoerende Bestuur.
- Indien die DissiplinĂȘre Komitee of die betrokke Bestuur van mening is dat daar voldoende meriete is sal die klagtstaat gefinaliseer word en binne veertien (14) dae afgelewer word by die Aangeklaagde en ân kennisgewing van die dissiplinĂȘre verhoor sal aan die Klaer gestuur word.
- Die klagstaat moet die volgende inligting bevat:
- ân Duidelike beskrywing van die beweerde oortreding;
- Dit moet verder verwys na:
- Wette en regulasies wat oortree is; en/of
- Artikels van die Grondwet wat oortree is; en/of
- Klousules van Beleid en Prosedures wat oortree is; en/of
- Kompetisiereëls wat oortree is;
- Indien die opsie van mediasie verkies word sal die volgende proses van toepassing wees:
- Die datum waarop die beweerde oortreding gepleeg is of bekend geraak het;
- Die datum van die dissiplinĂȘre verhoor;
- Die regte van die aangeklaagde.
- Alle bewysstukke moet die klagstaat vergesel.
- Die Aangeklaagde moet binne sestig (60) dae nĂĄ sodanige kennisgewing voor die DissiplinĂȘre Komitee verskyn op ân tyd en plek soos deur die DissiplinĂȘre Komitee bepaal vir ân dissiplinĂȘre verhoor.
- Indien die Aangeklaagde nie in staat is om binne sestig (60) dae nĂĄ kennisgewing te verskyn nie, kan die DissiplinĂȘre Komitee die tydperk verleng na goeddenke maar alleenlik op skriftelike versoek met behoorlike motivering vanaf die Aangeklaagde.
- Indien geen aanvaarbare redes deur die Aangeklaagde verskaf kan word vir sy versuim om voor die DissiplinĂȘre Komitee te verskyn nie, kan die verhoor in die afwesigheid van die Aangeklaagde voortgesit word.
- Indien die Aangeklaagde verkies om nie voor die DissiplinĂȘre Komitee te verskyn nie, kan hy ân pleit en verweer (hierna genoem âsy verweerskrifâ) teen die aanklag opstel en skriftelik maar nie later as nie as tien (10) dae voor aanvang van die verhoor by ân Lid van die DissiplinĂȘre Komitee indien.
- Die verweerskrif sal dan as sekondĂȘre getuienis met die vereiste bewyswaarde tesame met enige ander getuienis deur die DissiplinĂȘre Komitee oorweeg word ten einde uitspraak te lewer.
- Tydens die verhoor moet die gewone hofproses gevolg word:
- Die Aangeklaagde verskyn voor die DissiplinĂȘre Komitee op datum, tyd en plek soos aangedui in die klagstaat.
- Die Aangeklaagde verklaar aan die DissiplinĂȘre Komitee dat hy regsverteenwoordiging het (indien van toepassing).
- Die Aanklaer lees die klagstaat voor aan die Aangeklaagde.
- Die Aangeklaagde word die geleentheid gebied om te pleit â âskuldigâ of âonskuldigâ.
- Indien âskuldigâ gepleit word sal die Aanklaer die bewysstukke aan die DissiplinĂȘre Komitee oorhandig en die DissiplinĂȘre Komitee sal die pleit aanvaar en dienooreenkomstig die vonnis bepaal vir aanbeveling.
- Indien die Aangeklaagde âonskuldigâ pleit sal die Aanklaer die bewysstukke aan die DissiplinĂȘre Komitee oorhandig en die Aanklaer die geleentheid gebied word om getuies te roep en getuienis te lei teen die Aangeklaagde.
- Getuienis sal onder eed geskied soos bepaal in Klousule 2.18 hierbo.
- Nadat ân Getuie getuienis gelewer het sal die Aangeklaagde (of sy regsverteenwoordiger) die geleentheid gebied word om die Getuie te kruisondervra.
- Nadat al die Getuies getuig het en kruisondervra is sal die Aanklaer die Klaer se saak sluit.
- Die Aangeklaagde sal dan die geleentheid gebied word om sy bewysstukke aan die DissiplinĂȘre Komitee te oorhandig en self te getuig om sy saak te verdedig. Hy man ook ander Getuies roep.
- Die Aanklaer sal ook die geleentheid gebied word om elkeen van die Getuies te kruisondervra.
- Sodra die Aangeklaagde se Getuies se getuienis afgehandel is sluit hy sy verdediging.
- Die Voorsittende Beamptes mag op enige stadium aan enige Getuie vrae stel.
- Die Aanklaer sal geleentheid kry om repliek te lewer ter versterking van die klag.
- Daarna sal die Aangeklaagde of sy regsverteenwoordiger die geleentheid kry om repliek te lewer ter verdediging van die saak.
- Die DissiplinĂȘre Verhoor sal dan verdaag word.
- Die DissiplinĂȘre Komitee het daarna veertien (14) dae om die bevinding en aanbeveling aan die Tak Bestuur of die Uitvoerende Bestuur voor te berei en volledig skriftelik verslag te doen van die bevindinge en aanbevelings van die komitee, welke verslag die volgende inligting sal bevat:
- Al die bewysstukke.
- ân Opsomming van die getuienis wat aangebied is.
- ân Uiteensetting van die bevinding van die DissiplinĂȘre Komitee.
- Redes vir die DissiplinĂȘre Komitee se bevinding.
- Aanbeveling t.o.v. ân gepaste vonnis met motivering.
- Die DissiplinĂȘre Komitee is bevoeg om nĂĄ skuldigbevinding van ân Lid of ân Tak, een of meer van die volgende sanksies aan te beveel en die betrokke Bestuur om dit goed te keur:
- ân Skriftelike waarskuwing.
- Die verbeuring van kompetisiepunte of verbod op deelname aan enige kompetisie vir ân tydperk of permanent.
- OplĂȘ van ân boete of die heffing van addisionele Lidmaatskapgelde wat nie die bedrag sal oorskry wat deur ân landdroshof opgelĂȘ kan word nie.
- Skorsing van enige Lid uit Bosveld Jagters vir ân tydperk of permanent.
- Opheffing van toegewyde status van ân Lid.
- Ontheffing van enige Tak Bestuurslid uit sy amp vir ân tydperk of permanent.
- Ontheffing van ân Ampsdraer uit sy amp vir ân tydperk of permanent.
- Skorsing van ân Tak uit Bosveld Jagters vir ân tydperk of permanent.
- Vonnisse kan opgeskort word vir ân tydperk van hoogstens een jaar op die voorwaarde dat die Lid of Tak nie binne daardie tydperk weer ân oortreding begaan nie.
- Die aanbeveling van die DissiplinĂȘre Komitee met alle bewyse en notules moet aan die betrokke Bestuur oorhandig word.
- Die betrokke Bestuur moet die aanbeveling van die DissiplinĂȘre Komitee op die daaropvolgende Tak Bestuurs- of Uitvoerende Bestuursvergadering goedgekeur of afkeur.
- Ongeag of die aanbeveling goedgekeur of afgekeur word deur die betrokke Bestuur moet die Aangeklaagde en Klaer binne sewe (7) dae skriftelik kennis gegee word van die besluit.
- Enige Aangeklaagde wat skuldig bevind word aan ân oortreding bedoel in Klousule 3 hierbo, kan skriftelik appelleer na die Uitvoerende Bestuur binne veertien (14) dae nĂĄ kennisgewing van die uitslag van die dissiplinĂȘre verhoor.
- Die appĂ©l moet vergesel wees van ân duidelike uiteensetting van redes as motivering vir die appĂ©l en nuwe bewyse mag ingesluit word.
- Die appél sal dan verwys word na die Advieskomitee vir beslissing.
- Alle bewysstukke en notules in besit van die betrokke Bestuur moet aan die Advieskomitee voorsien word tesame met die appélaansoek.
- Die Advieskomitee sal binne veertien (14) dae sy beslissing skriftelik aan die Uitvoerende Bestuur bekend maak.
- Die Advieskomitee se beslissing is finaal.
- Die Uitvoerende Bestuur moet binne vyf (5) dae die Aangeklaagde en Klaer van die uitslag in kennis stel.
