Sportskiet by BJV
Veiligheid • Vaardigheid • Deelname • Kompetisie
Sportskiet bied ‘n gestruktureerde manier waarop ‘n vuurwapeneienaar:
- veiliger kan word
- akkuraatheid kan verbeter
- vuurwapenhantering kan ontwikkel
- sy of haar vaardigheid objektief kan meet
- aan kompetisies kan deelneem; en
- deel van ‘n aktiewe skietgemeenskap kan wees
Waar wil jy begin?
- Ek soek ‘n skietdissipline → Skietdissiplines
- Ek wil aan ‘n kompetisie deelneem → Kompetisies
- Ek soek reëls of ‘n teiken → Reëls en Teikens
- Ek wil Toegewyde Sportskut word → sien hieronder
Begin met Sportskiet
Jy hoef nie ‘n kampioen te wees om te begin nie.
Sportskiet begin by veilige deelname. As nuwe deelnemer kan jy hier uitvind:
- Wat het ek nodig?
- Watter vuurwapen kan ek gebruik?
- Waar kan ek deelneem?
- Wat kos dit?
- Watter reëls geld?
- Wie kan my help?
- Wanneer is die volgende skietdag?
Toegewyde Sportskut
Vir die aktiewe sportskut.
Toegewyde Sportskutstatus erken ‘n lid wat aan die toepaslike BJV-opleiding-, evaluering- en deelnamevereistes voldoen en sportskiet op ‘n voortgesette basis beoefen. Soos met Toegewyde Jagterstatus is dit nie bloot ‘n eenmalige kwalifikasie nie – dit vereis voortgesette deelname.
Hoe verwerf ek dit?
- Geldige toepaslike BJV-lidmaatskap
- Voorgeskrewe opleiding
- Teoretiese evaluering
- Praktiese evaluering
- Voldoen aan die toepaslike vereistes
- Dien statusaansoek in
- BJV-verifikasie
- Status toegeken
- Neem voortgesette deel
- Registreer aktiwiteite en behou status