Opleidingsoorsig
Kennis • Vaardigheid • Veiligheid • Verantwoordelikheid
Opleiding vorm ‘n kernonderdeel van Bosveld Jagters. Die doel is nie bloot om ‘n kursus te voltooi of ‘n sertifikaat te ontvang nie, maar om lede te help ontwikkel tot kundige, veilige en verantwoordelike jagters, sportskuts en vuurwapeneienaars.
Kies jou opleidingsroete:
- Jagter – Beginner → Jagtersopleiding → Toegewyde Jagter → Gevorderde Jagter → Gespesialiseerde Opleiding
- Sportskut – Beginner → Sportskietopleiding → Toegewyde Sportskut → Dissipline-ontwikkeling → Gevorderde Sportskiet
- Baanoffisier – Veiligheid → Teorie → Evaluering → Prakties → Sertifisering → Voortgesette Ontwikkeling
Jagtersopleiding
Sien Jagtersopleiding onder Jag vir die onderwerpe wat ons jagtersopleiding dek.
Toegewyde Jagteropleiding
Sien Toegewyde Jagter onder Jag vir hoe jy hierdie status verwerf en behou.
Sportskietopleiding
Sien Begin met Sportskiet vir hoe om met sportskiet te begin.
Toegewyde Sportskutopleiding
Sien Toegewyde Sportskut vir hoe jy hierdie status verwerf en behou.
Baanoffisieropleiding
Veiligheid begin by bevoegde baanbeheer.
‘n Baanoffisier dra ‘n besondere verantwoordelikheid vir die veilige en ordelike verloop van ‘n skietaktiwiteit. Ons Baanoffisieropleiding dek onder meer:
Veiligheid – Veilige baanprosedures en vuurwapenhantering.
Baanbeheer – Beheer van deelnemers, toeskouers en baanpersoneel.
Baanbevele – Eenvormige en verstaanbare bevele.
Noodprosedures – Optrede tydens ‘n mediese, veiligheids- of vuurwapenvoorval.
Kompetisiereëls – Toepassing van die toepaslike BJV-reëls.
Beoordeling – Korrekte puntetoekenning en administrasie.
Praktiese vaardigheid – Praktiese toepassing onder toesig.
Sertifisering – Erkenning nadat alle voorgeskrewe vereistes suksesvol voltooi is.
Gevorderde Opleiding
Waar beskikbaar bied ons ook opleiding in:
- gevorderde jag
- boogjag
- handwapenjag
- voëljag
- trofeemeting
- spoorsny
- herlaai van ammunisie
- langafstandskiet
- skietbaanbestuur
- afrigting en instruksie; en
- ander goedgekeurde BJV-opleidingsprogramme