Endossemente

‘n Endossement is ‘n formele BJV-dokument wat, waar toepaslik, ‘n lid se behoefte aan ‘n bepaalde vuurwapen binne die relevante jag- of sportskietaktiwiteit ondersteun. Vier begrippe word dikwels verwar – hulle is nie dieselfde ding nie:

Lidmaatskap – Bewys dat jy ‘n lid van Bosveld Jagters is.

Toegewyde status – Bewys dat jy die toepaslike toegewyde status verwerf het en dit behou.

Endossement – BJV se ondersteuning van die toepaslike vuurwapen vir die gemotiveerde gebruik.

Lisensie – Die uiteindelike vuurwapenlisensie wat deur SAPS/CFR oorweeg en uitgereik word.

Een van die vele voordele wat u as lid by die BJV kry is die uitreiking van Amptelike Endossemente oor die gebruik van ‘n vuurwapen wat ‘n nuwe vuurwapenlisensieaansoek kan ondersteun.

Endossemente vir beide Jag en Sportskiet kan deur BJV uitgereik word.

BELANGRIK: Maak asseblief seker dat jy opbetaald is en ten minste een aktiwiteit vir die afgelope jaar op jou rekord in die databasis het VOORDAT jy die Endossement aansoek instuur!

Endossement vir jagvuurwapens word onder die BJV akkreditasie nommer 1300084 intern uitgereik en vir sportskiet vuurwapens onder CHASA se akkreditasie nommer 1300014. Vir Sportskiet sal u eers deur u tak as Sportskut by Chasa moet afillieer vir ‘n nominale jaarlikse fooi ekstra. U kan ook u toegewyde sporskut status deur CHASA bekom deur aan die minimum vereistes te voldoen. Kontak u tak vir meer hieroor.

Druk die onderstaande vorms uit volgens die aansoek wat u wil doen vir Sportskiet of jag, vul dit in en stuur dit aan u takbestuur vir verwerking. Elke tak reik sy eie endossemente uit.

Vul ASB die vorms volledig in.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.