Erkende ondersteuning vir Jagters en Sportskuts
Bosveld Jagters beskik oor die toepaslike akkreditasies om kwalifiserende lede binne die voorgeskrewe wetlike en organisatoriese raamwerk te ondersteun.
Toegewyde Jagter – SAPS Akkreditasienommer: 1300084
Toegewyde Sportskut – SAPS Akkreditasienommer: 1300166
Hierdie akkreditasies stel Bosveld Jagters in staat om die toepaslike opleiding, administrasie en statusbestuur van kwalifiserende lede self te hanteer.