Die verantwoordelikheid begin vóór die skoot
Etiese jag begin lank voordat ‘n jagter die sneller trek – dit begin met voorbereiding. Die jagter behoort vooraf seker te maak dat:
- die jag wettig plaasvind
- die korrekte toestemmings en dokumentasie beskikbaar is
- die vuurwapen geskik en betroubaar is
- die ammunisie geskik is vir die doel
- die geweer se trefpunt bevestig is
- die jagter sy of haar eie praktiese skietvermoë ken
- die wild korrek geïdentifiseer kan word; en
- daar voldoende kennis van die terrein en omstandighede is
Die besluit om te skiet
‘n Verantwoordelike jagter vra vóór die skoot:
- Is dit die regte dier?
- Is daar ‘n veilige agtergrond?
- Is die afstand binne my vermoë?
- Is die dier se posisie geskik?
- Het ek ‘n duidelike skoot?
- Is my skietposisie stabiel?
- Is ek seker van my skootplasing?
As die antwoord op enige kritieke vraag nee is, behoort die skoot nie geneem te word nie.
Ná die skoot
Verantwoordelike jag eindig nie wanneer die skoot afgevuur word nie. Die jagter moet:
- die dier se reaksie waarneem
- die plek waar die dier gestaan het onthou
- verantwoordelik opvolg
- ‘n gekweste dier so spoedig moontlik opspoor
- die karkas verantwoordelik hanteer; en
- vermorsing van vleis en ander bruikbare produkte voorkom