Toegewyde Jagter

Vir die aktiewe en verantwoordelike jagter

Toegewyde Jagterstatus is nie bloot ‘n sertifikaat nie. Dit dui op ‘n lid wat die toepaslike BJV-vereistes nagekom het en hom of haar tot voortgesette verantwoordelike deelname aan jag verbind.

Die status bring ook ‘n verantwoordelikheid mee om die vereiste kennis, deelname en administrasie op datum te hou.

Waarom Toegewyde Jagterstatus?

Vir ‘n kwalifiserende lid kan dit belangrik wees vir:

  • erkenning van toegewyde jagaktiwiteit
  • bepaalde vuurwapenlisensie-aansoeke
  • BJV-endossemente waar toepaslik
  • bewys van kwalifikasie
  • voortgesette jagdeelname; en
  • die opbou van ‘n elektroniese rekord van relevante aktiwiteite

Toegewyde status vervang nie ‘n vuurwapenlisensie, bevoegdheid of enige ander wetlike vereiste nie.

Hoe word ek ‘n Toegewyde Jagter?

  1. Lidmaatskap – Maak seker dat jy oor die toepaslike geldige BJV-lidmaatskap beskik.
  2. Opleiding – Voltooi die voorgeskrewe BJV-opleiding vir Toegewyde Jagterstatus.
  3. Teoretiese evaluering – Demonstreer die vereiste kennis van onder meer veiligheid, verantwoordelike jag, toepaslike wetgewing en ander voorgeskrewe studiemateriaal.
  4. Praktiese vereistes – Voltooi die voorgeskrewe praktiese evaluering.
  5. Aansoek – Wanneer al die vereistes nagekom is, word die statusaansoek deur die toepaslike BJV-proses ingedien.
  6. Verifikasie – Bosveld Jagters bevestig dat die voorgeskrewe vereistes nagekom is.
  7. Status – NΓ‘ suksesvolle goedkeuring word jou Toegewyde Jagterstatus op die ledebestuurstelsel aangeteken, en die sertifikaat word elektronies op jou ledeprofiel beskikbaar gestel.

Behou jou Toegewyde Jagterstatus

Toegewyde beteken aktief. Die verkryging van status is nie die einde van die proses nie – jy moet die voorgeskrewe vlak van deelname handhaaf en jou aktiwiteite korrek op jou ledeprofiel registreer.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.