E-Lidmaatskap

E-Lidmaatskap

Entry Member R 300.00 /year

Elektroniese Bosveld Jagters-lidmaatskap.

E-Lidmaatskap is vir persone wat ‘n meer beperkte, hoofsaaklik elektroniese verhouding met Bosveld Jagters verlang – sonder om deur ‘n plaaslike Tak bedien te word.

Dit kan veral geskik wees as jy:

  • ver van ‘n bestaande BJV-Tak woon
  • hoofsaaklik elektronies met die Vereniging wil kommunikeer
  • toegang tot opleiding en statusdienste benodig
  • nie gereeld aan plaaslike Takaktiwiteite kan deelneem nie

Dit is ‘n basiese lidmaatskap met beperkte gratis voordele – alle verdere voordele kan modulêr bygevoeg en betaal word soos benodig. Ons is by CHASA geaffilieer, so ook ons E-Lede.

E-Lede het nie stemreg nie en kan nie op Tak- of Uitvoerende Bestuursvlak dien nie. Slegs die AANLYN Tak is vir hierdie opsie beskikbaar.

This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.