Premium Lidmaatskap

Premium Lidmaatskap

Premium Member R 900.00 /year

Vir die lid wat volledig deel van Bosveld Jagters wil wees.

Premium Lidmaatskap is die volledige lidmaatskapopsie van Bosveld Jagters. Dit is geskik vir persone wat aktief aan ons jag-, sportskiet-, opleiding-, bewaring- en Takaktiwiteite wil deelneem, met toegang tot die volle reeks Premium-voordele.

Geskik vir:

  • jagters
  • sportskuts
  • vuurwapeneienaars
  • persone wat toegewyde status wil verwerf of behou
  • deelnemers aan kompetisies en skietdae
  • persone wat opleiding wil ontvang
  • lede wat aktief by ‘n Tak wil inskakel

Gratis of afslag:

  • Amptelike vuurwapen endossemente
  • Skietbaan gebruik (waar van toepassing)
  • Hulp met herlaai van ammunisie
  • Kwalifiseer vir CHASA Provinsiale en Nasionale Sportskiet Kleure
  • Mag dien op Tak en Uitvoerende Bestuursvlakke
  • Kom in aanmerking vir enige BJV Erkenning, Prestasies, Kwalifikasies en Toekennings
  • Gerekenariseerde data profiel met geskiedenis van alle aktiwiteite en kwalifikasies
  • Elektroniese dokumente soos Lid Sertifikaat ensomeer

Formele opleiding in:

  • Toegewyde Sportskut
  • Toegewyde Jagter
  • CHASA Bekwaamheidsertifikaat
  • Gevorderde Jagter
  •  Instrukteur
  •  Baanoffisier
  •  SA Trofeemeter
  •  Spoorsny
  •  Boogjagter
  •  Handwapenjagter
  •  Voëljagter
  •  CHASA Bekwaamheid sertifikaat
  •  Junior Jagter 1 (10-14jr)
  •  Junior Jagter 2 (10-14jr)
  •  Intermediêre Jagter (14-18jr)

Junior Premium

Junior Member (under 18) R 0.00 /year

Bou die volgende geslag jagters en sportskuts.

Bosveld Jagters moedig jongmense aan om van vroeg af, binne ‘n verantwoordelike en veilige omgewing, kennis te maak met jag, sportskiet, vuurwapenveiligheid en bewaring.

Daar bestaan nie ‘n aparte “Junior Lidmaatskap”-kategorie nie. ‘n Junior word as Premiumlid geregistreer en geniet gratis Premium Lidmaatskap tot en met die ouderdom van 18 jaar, onderhewig aan die toepaslike BJV-reëls.

Junior Premiumlede kry blootstelling aan:

  • vuurwapenveiligheid
  • sportskiet
  • jag
  • natuur- en wildbewaring
  • opleiding
  • junior skietaktiwiteite
  • Verenigingsaktiwiteite

Besonderhede:

  • Betaal geen aansluitingsfooi of jaarlikse ledegeld nie, en het geen stemreg nie.
  • Word gekoppel aan die ouer(s) se lidmaatskap, of deur hul ouers gemagtig.
  • Word outomaties na volle Premium Lidmaatskap oorgeplaas op die 18de verjaarsdag (met vooraf kennisgewing), en ontvang dan ‘n diensertifikaat vir die Junior-tydperk.
  • Voltydse of deeltydse studente tussen 18 en 24 kan by hul Tak aansoek doen vir ‘n verminderde Premium-fooi.

Belangrik: Junior Premiumlede bly onderhewig aan die toepaslike bepalings oor ouderdom, deelname, toesig en stemreg.

Premium Pare-opsie

Couples Members R 1 200.00 /year

Voeg jou gade as volle Premiumlid by.

‘n Premiumlid kan sy of haar gade by die lidmaatskap voeg teen ‘n verlaagde addisionele fooi vir die tweede persoon. Die gade word nie as ‘n afhanklike lid geregistreer nie, maar as ‘n volle Premiumlid in eie reg.

Dit beteken elke persoon het:

  • ‘n eie lidnommer en ledeprofiel
  • eie aktiwiteite en kwalifikasies
  • individuele toegewyde status en endossemente

Die Pare-opsie is dus ‘n afslag op die tweede Premiumlid se fooi – nie ‘n aparte lidmaatskapklas nie. Beide lede geniet dieselfde voordele as ‘n gewone Premiumlid:

Gratis of afslag:

  • Amptelike vuurwapen endossemente
  • Skietbaan gebruik (waar van toepassing)
  • Hulp met herlaai van ammunisie
  • Kwalifiseer vir CHASA Provinsiale en Nasionale Sportskiet Kleure
  • Mag dien op Tak en Uitvoerende Bestuursvlakke
  • Kom in aanmerking vir enige BJV Erkenning, Prestasies, Kwalifikasies en Toekennings
  • Gerekenariseerde data profiel met geskiedenis van alle aktiwiteite en kwalifikasies
  • Elektroniese dokumente soos Lid Sertifikaat ensomeer

Formele opleiding in:

  • Toegewyde Sportskut
  • Toegewyde Jagter
  • CHASA Bekwaamheidsertifikaat
  • Gevorderde Jagter
  •  Instrukteur
  •  Baanoffisier
  •  SA Trofeemeter
  •  Spoorsny
  •  Boogjagter
  •  Handwapenjagter
  •  Voëljagter
  •  CHASA Bekwaamheid sertifikaat
This site is registered on wpml.org as a development site. Switch to a production site key to remove this banner.